Meeste Gautrain-passasiers is vroue, het die Bombela Concession Maatskappy Dinsdag gesê.
Lees meerAlles vir Dinsdag 3 April 2012
Pasgebore baba in vullisdrom gevind
ʼn Pasgebore baba is die afgelope naweek in ʼn vullisdrom in Tableview, Kaapstad gevind, het polisie Dinsdag gesê.
“ANC is in eenheid” – Mantashe
Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het gesê Dinsdag se mediakonferensie is gereël weens die kru en vervreemde uitlatings deur sommige lede van die party, het EWN berig.
Vonnis uitgespreek oor 3 wat perd steel en martel
Drie mans wat deur die landdroshof in Somerset-Wes skuldig bevind is dat hulle ʼn perd gesteel, en hom tot die dood toe gemartel het, is Dinsdag gevonnis.
“Ek het geweet my kind is dood”
Henkie May (21) het Maandagaand sy vriendin, Theony Brits (17), doodgeskiet en toe selfmoord gepleeg nadat sy glo hul verhouding wou beëindig.
Sanral ontken dat e-skyfies verpligtend is
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het teruggekap en sê motoriste sal nie verplig word om e-skyfies te koop om op Gautengse paaie te reis nie.
Boer van Bloemhof vermoor
ʼn Boer van Bloemhof in Noordwes se liggaam is Dinsdagoggend in sy plaashuis gekry nadat hy vermoedelik doodgeslaan is.
Sanral: ‘e-skyfies is verpligtend’
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het konsep regulasies uitgereik waarvolgens dit verpligtend sal wees om ‘n e-skyfie te kry en die regering die reg sal gee om jou bestuurslisensie te verwyder en om jou motor te skut.
Iemand se hare het gerys
Taaltoffie kyk na die oorsprong van die uitdrukking: “Iemand se hare het gerys”.
Man doodgery ná hy ander probeer waarsku
ʼn Man van Louis Trichardt in Limpopo is doodgery nadat hy aankomende motoriste wou waarsku oor ʼn bees wat in die middel van die pad gelê het.
Wen kaartjies na ‘n klassieke vertoning op 10 April
Hierdie kompetisie is gesluit: Marten Mathys Van Wyk vertolk Beethoven se Klavier Sonata no 23, “Appassionata”, op die klavier sowel as kort werke van Brahms, Liszt en Debussy.
Kunstenaars steun Scotts en seun
Kurt Darren, Dozi, Heinz Winckler en Nicholis Louw is van die kunstenaars wat later die maand sal optree by ʼn geldinsamelingsgeleentheid vir Darren en Sarah-Kate Scott se seun, Mark, by wie kanker verlede maand gediagnoseer is
Nuwe Afrikaners en die jaar ‘nul’
Die interessante is dat daar onder ons mense ook diegene is wat hierdie idee van ‘nuut’ aanhang. Volgens hulle funksioneer die groot oorgang van 1994 vir alle praktiese doeleindes ook as ’n jaar Nul.
Nuuskommentaar: Zak van Niekerk en Mathys Roets – die kuns van rolmodel wees
Twee bekende vermaaklikheidsterre, Zak van Niekerk en Mathys Roets, was enkele jare na mekaar in ernstige ongelukke betrokke, as’t ware met die feesgeluide van die KKNK in hul ore.
Sewe mense doodgeskiet by Christelike kollege
Sewe mense is Maandag dood nadat ʼn 43-jarige man met ʼn vuurwapen op hulle losgebrand het by ʼn private Christelike-kollege in die noorde van Kalifornië.
Nog bewerings van gayseks teen Shrien Dewani
‘n Senior parlementêre figuur in Brittanje beweer hy was by gay sekssessies betrokke met die Britse sakeman Shrien Dewani