ʼn Leeu is op vrye voet nadat hy Dinsdag naby Ulundi in KwaZulu-Natal ontsnap het.
Lees meerAlles vir Dinsdag 10 April 2012
Sangers gesoek vir Madiba se verjaarsdag
‘n Poging om ʼn wêreldrekord te breek deur meer as 20 miljoen mense te kry om die liedjie Happy Birthday aan voormalige president Nelson Mandela te sing, is Dinsdag aangekondig.
Geen kind of kraai hê nie
Taaltoffie kyk na die herkoms van die uitdrukking “Geen kind of kraai hê nie”.
Titanic-maaltyd
Verskeie restaurante sal Saterdag die 100-jaar herdenking van die Titanic-ramp vier deur dieselfde 10-gang maaltyd te bedien wat eersteklas-passasiers dié aand op die luukse skip geniet het.
Vier mense gevang vir moord in Noordwes
Vier mense is in Mmabatho vir die moord op die vrou van een van die mans in hegtenis geneem.
Dronk spoedvraat op motorfiets gevang
ʼn Man is gevang wat Maandag onder die invloed van alkohol teen 201km/h op ʼn motorfiets op die N4 in Pretoria gejaag het.
‘n Hansa-Liga en sake-ambassades onder verspreide Afrikaners
360 jaar na die VOC ’n handelspos in suidelike Afrika gevestig het, moet Afrikaners ook hul eie sake-ambassades in Westerse state oprig? Afrikaners het immers hul eie internasionale magsmiddele in 1994 verhandel. Wat kan ’n behoorlike plaasvervanger wees?
Nuuskommentaar: Toearegs en lesse vir Suid-Afrika
Iemand wat nog nie weet dat diversiteit ‘n kwessie is wat met groot omsigtigheid hanteer moet word nie, is ‘n volstruis wat sy kop in die grond druk.
Skole-rugbyspeler slaan skeidsregter glo bewusteloos
ʼn Hoërskool rugbyspeler staar kriminele aanklagte in die gesig nadat hy ʼn skeidsregter glo tydens ʼn toernooi in Pretoria bewusteloos geslaan het
Man gevang wat polisiebeampte probeer omkoop
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn metropolisiebeampte op die N1 naby Lynnwood wou omkoop.
Gemengde berigte oor Mugabe se gesondheid
In teenstelling met berigte dat pres. Robert Mugabe van Zimbabwe glo om sy lewe veg in ʼn hospitaal in Singapoer, het ʼn lid van Zanu-PF gesê dat “hy ʼn Paasvakansie saam met sy gesin in Asië geniet”.