ʼn Pa en seun van Gauteng is Donderdagmiddag in ʼn motorfietsongeluk dood terwyl hul besig was om na Kaapstad te toer.
Lees meerAlles vir Vrydag 20 April 2012
‘Dewani-moordverdagte kan nie verhoor word’
Xolile Mngeni, wat aangekla word van die moord op Anni Dewani, is nie geskik om verhoor te word nadat ʼn breingewas by hom gediagnoseer is, het sy regsverteenwoordiger gesê.
Vyf rowers in PE doodgeskiet
Vyf rowers is Vrydagoggend deur die polisie in Motherwell in Port Elizabeth doodgeskiet terwyl hulle probeer het om ʼn brouery te beroof.
Boer in Namibië vermoor
ʼn Boer van Namibië is wreed met ʼn mes vermoor in ʼn poging om ‘n plaaswerkers se gesteelde fiets terug te kry.
Nuuskommentaar: Verkragting van gestremde, padwoede en anomie
Geen wonder Suid-Afrika word deur Interpol as die verkragtingshoofsetel van die wêreld beskou nie.
Bejaarde sterf na botsing met taxi
‘n Bejaarde man is dood nadat ʼn taxi teen sy motor gebots het in Pinetown, KwaZulu-Natal.
ET-uitspraak volgende maand verwag
Die verhoor van twee mense wat beskuldig word van die moord op Eugene Terre’Blanche is Donderdag in die rondgaande hof in Ventersdorp uitgestel tot aanstaande maand wanneer uitspraak gelewer sal word.
‘Albei sy arms en verskeie ribbes was gebreek’
ʼn Ma wat daarvan beskuldig word dat sy haar babaseuntjie vermoor het, het Donderdag rukkend gehuil en met haar gesig in haar hande in die beskuldigdebank gewieg terwyl ʼn chirurg haar baba se beserings beskryf het in die hooggeregshof in Pretoria.
Sesjarige aanskou ‘padwoede-aanval’ op pa
ʼn Vreesbevange 6-jarige seuntjie het homself in die motor toegesluit terwyl sy pa erg aangerand is in ʼn beweerde padwoede-voorval in Brakpan aan die Oos-Rand.
Onthou herinner en herinnering
Talle gebruikers van Afrikaans struikel oor die spelling van dié woord.
Solidariteit Beweging se bouplan vir volgende 110 jaar
Die Solidariteit Beweging is vanjaar 110 jaar oud. Dit maak van die Beweging die oudste politieke beweging in Suid-Afrika.