Twee mans is ernstig beseer nadat daar in Manenberg, Kaapstad, in hulle motor op hulle geskiet is.
Lees meerAlles vir Dinsdag 24 April 2012
Gautrain: Park-stasie open binnekort
Die Gautrain is tans besig met toetslopies na Park-stasie op die vooraand van die bekendstelling van die finale fase van die projek tussen Rosebank en Johannesburg se middestad.
Kaapstad-inwoners wil haai-kykers hê
Branderplankryers en lyfplankryers van Kogelbaai in Kaapstad het ten gunste van ʼn program gestem wat sal verseker dat iemand op die uitkyk sal wees vir haaie.
“Mag sy die mooiste vioolklanke speel in die hemel…”
Huldeblyke stroom in die vir die bekende violis en die sanger Jannie Moolman se eksvrou, Annake de Villiers.
Annake de Villiers sterf
Een van Suid-Afrika se bekendste violiste en die sanger Jannie Moolman se eksvrou, Annake de Villiers, se liggaam is Dinsdagmiddag in haar pa se huis aangetref.
“Tol-teenstanders vier jaar te laat”
Teenstand teen Gauteng se e-tolstelsel is vier jaar te laat het die hooggeregshof in Pretoria Dinsdag gehoor.
Verslag oor ‘n DA-kongres
“Hierdie ruimte is nie bedoel vir politieke propaganda nie. Maar verskoon my dié enkele keer as ek iets vertel oor ‘n DA-kongres – met name die afgelope Saterdag (21 April) s’n in Potchefstroom, waar die Demokratiese Alliansie van Noordwes byeen gekom het…” skryf JD Froneman
Man buite Wes-Kaapse hooggeregshof geskiet
ʼn Man is Dinsdag buite die Wes-Kaapse hooggeregshof in die gesig geskiet.
‘Lotz het waarskynlik moordenaar geken’
Die baasspeurder oudbrig. Piet Byleveld sê die Matie-student Inge Lotz is waarskynlik deur iemand wat sy geken het vermoor.
Video: Afrikaans in Korea
“Jan Pierewiet” in Korea!
Ma in trane oor baba se beserings
‘n Twee maande oue baba wat glo weens mishandeling gesterf het, was “vaak en inskiklik” voordat hy na ‘n hospitaal geneem is, het sy ma Maandag in die Hooggeregshof in Pretoria getuig.
Nuuskommentaar: E-tol – distel met baie dorings
Die howe in Gauteng is vandag ‘n besige plek. Nie alleen dien ‘n aansoek voor die hof oor Pretoria se straatrnaamwysigings, en veral die wyse waarop dit deurgevoer word voor die hof nie, maar ook die e-tol staan by wyse van spreke in die beskuldigdebank.
Metrobeampte in Johannesburg doodgeskiet
ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte is Dinsdagoggend in Pimville, Soweto doodgeskiet.
Zuma se motors vir ‘n appel en ‘n ei verkoop
Drie luukse motors en ander huishoudelike goedere wat aan Khulubuse Zuma, president Jacob Zuma se neef, behoort is op ʼn veiling verkoop om die beleërde Aurora Empowerment Systems se skuld te delg.
Aansoek teen e-tolstelsel aangehoor
Die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (BTST) se dringende hofaansoek teen die Gautengse e-tolstelsel sal Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor word.
Polisiebeamptes in hof
Twee polisiebeamptes het in aparte sake in die hof verskyn op aanklagte van onder meer besigheidsroof en oortreding van die Vuurwapenbeheerwet.
Twee in hof na hulle glo man in polisiesel vermoor
Twee mans het Maandag in die Bellville landdroshof verskyn nadat hulle Eben Meyer (48) glo die naweek in ʼn polisiesel vermoor het.