Die eThekwini-munisipaliteit se gesondheidseenheid het Donderdag beslag gelê op grimering wat onwettig ingevoer is.
Lees meerAlles vir die maand Mei 2012
Cosatu wil e-tol finaal skrap
Cosatu se sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi, het Donderdag gewaarsku dat die federasie weer protesoptogte sal hou indien die e-tolstelsel nie finaal geskrap word nie.
Baba Wiehan: twee verskyn op aanklag van moord
Enock Mbele (44) en Lazarus Mabhena (54) het Donderdag in die Delmas-landdroshof verskyn op aanklagte van moord op die 5-maandeoue, Wiehan Botes en sy dagmoeder, Margrietha de Goede.
Moord op oudioloog: verdagtes word gesoek
Die Mpumalanga-polisie is tans opsoek na die verdagtes wat verantwoordelik was vir die ontvoering en moord van die Middelburgse oudioloog, Igna Nortjie.
Appel en pistachioneut-koek
Bak hierdie heerlike appel- en pistachioneutkoek.
Stad Johannesburg kry nuwe nommer
In ‘n poging om sy kliëntediens te verbeter gaan die Stad Johannesburg Vrydag ʼn nuwe telefoonnommer en stelsel in werking stel.
Sanral-hoof se bedanking teruggetrek
Nazir Alli, Die bestuurshoof van die padagentskap ( Sanral), wat onlangs bedank het, gaan in sy pos aanbly.
Iets voetstoots verkoop
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking: “Iets voetstoots verkoop”
Kunstenaar praat oor ET-skildery
Net na die stof om die omstrede Zuma-skildery begin sak het, dreig ʼn kunswerk wat Eugene Terre’Blanche saam sy moordenaar uitbeeld, om ʼn nuwe storm te ontketen.
Studente sonder verblyf weens geloof
Foto: IOL
Sowat 70 studente is uit wooneenhede van ʼn kampus aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geskop omdat hulle glo geweier het om Islamitiese gewoontes en reëls na te volg.
Ma van Middelburg ontvoer, vermoor
ʼn Ma van ʼn 8-jarige dogtertjie is Woensdag tussen eMalahleni (Witbank) en KwaMhlanga vermoor, ná sy vroeër die dag in Middelburg ontvoer is.
SA-man lewenslank tronk toe gestuur
ʼn Suid-Afrikaner is tot lewenslange tronkstraf gevonnis na ʼn Indonesiese hof hom Woensdag skuldig aan dwelmhandel bevind het.
Eerstespan-rugbyspeler geskors weens rassisme
Hoërskool Voortrekker in KwaZulu-Natal het ʼn rugbyspeler vir die res van sy skoolloopbaan uit rugby geskors na hy skuldig bevind is aan rassisme.
Boervrou met plofstof betrap
ʼn Boervrou wat vermoedelik aan die plaaslike Boeremag verbind word, is op haar plaas in Carolina op aanklagtes van die onwettige besit van ammunisie en plofstof in hegtenis geneem.
“True national unity” ontbreek op 31 Mei 1931
“South Africa today is passing through a period of doubt, of questioning, of hesitation. Is it well for the land and its people? Is the future assured? Are the problems not perhaps insoluble? Is their solution being approached in the right way? There is impatience with the slowness of the growth of true national unity.” ~ Jan Hofmeyr (1930), oor die Unie van Suid-Afrika.
Regering stort nog geld in e-tolprojek
Die regering oorweeg tans ʼn krediet wetsontwerp om nog kontant in Sanral se e-tolprojek te stort.
Pta-huishoudings moet dalk almal voorafbetaalde kragmeters kry
Pretorianers mag dalk gedwing word om voorafbetaalde kragmeters te installeer.
Ma in sop ná bomdreigement na lugredery
ʼn Ma is in die sop na sy ʼn bom dreigement na ʼn lugredery gemaak het om só glo te verhoed dat haar dogter ʼn vlug van Johannesburg na George onderneem.
Nuuskommentaar: Nasiebouberaad – geleentheid wat die land nie kan verpas nie
Daar vind vandag ‘n uiters belangrike beraad tussen rolspelers, waaronder AfriForum, die AB, TLU SA, Solidariteit en die FW de Klerkstigting plaas om op die regering se groenskrif oor grondhervorming ‘n kollektiewe antwoord te formuleer.
Frans Swemmer (89) se aanvaller glo skisofrenies
ʼn Self-erkende moordenaar wat sy vriende gehelp het om die 89-jarige Frans Swemmer dood te slaan, was sy lewe lank ʼn slagoffer, het die Noord-Gautengse hooggeregshof gehoor.