‘n Hengelaar van Zimbabwe is deur ‘n reuse krokodil doodgebyt toe hy sy vriend, wat deur ‘n ander krokodil aangeval is, probeer red het.
Lees meerAlles vir Woensdag 9 Mei 2012
Bobbejaan se kind dalk nie só slim
Bobbejane is “opvallend hardnekkig” maar miskien nie so slim soos wat verwag word nie. Dit is die bevinding wat kenners vandag aan die Kaapstadse stadsraad voorgelê het na die stad hulp ingeroep het om ʼn moontlike oplossing vir hul bobbejaan-probleem te vind.
Gearresteerde betogers in Noordwes op borgtog vrygelaat
ʼn Totaal van 58 mense is in hegtenis geneem in die gewelddadige protesoptrede wat sedert Maandag in landelike gebiede in Noordwes woed.
Mdluli-skuif los nie probleem op nie, sê AfriForum
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag gesê die verskuiwing van die omstrede hoof van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, lt.genl. Richard Mdluli, gaan nie die probleem oplos nie en dat Mdluli eerder geskors moet word.
Boewe kom glo weg met slim praatjies
Drie vermeende OTM boewe het glo vandag die polisie ʼn rat voor die oë gedraai na hulle polisie oortuig het hulle was by die bank om die OTM met geld te vul, terwyl hulle eintlik daar was om die geld te steel.
16 Voertuig-botsing in Johannesburg ontwrig verkeer
Verkeer in Johannesburg is erg ontwrig na ‘n swaarvoertuig net na 17:00 geknipmes en ‘n botsing met 15 ander voertuie op die N1-suid naby die Rivonia-afrit veroorsaak het.
Kaper doodgeskiet
ʼn Man is gisteraand doodgeskiet en ʼn ander in hegtenis geneem na ʼn kaping in Midrand.
Chileense skip “gestrand” in Valsbaai
ʼn Chileense vragskip is al vir sewe weke in Valsbaai gestrand terwyl ingenieurs poog om die enjins te herstel, het The Cape Times Woensdag berig.
Modimolle-vrou verwurg; aan die brand gesteek
ʼn 20-jarige vrou van Modimolle is verwurg waarna haar liggaam aan die brand gesteek is – vermoedelik deur haar kêrel.
17 beseer in ongeluk tussen bus en vragmotor
Sewentien mense is beseer toe die bus waarmee hulle gereis het, in ʼn omgeslane vragmotor vasgery het.
Munisipaliteit het glo alles reg gedoen vir betaalde parkering in JHB
Die munisipaliteit van Johannesburg het Woensdag gesê dat hulle aan alle wetlike vereistes voldoen het toe dit die betaalde parkeerstelsel in werking gestel het.
Brand saai verwoesting by Mitchells Plain-hospitaal
ʼn Brand wat Woensdagoggend by ʼn bouterrein by die Mitchells Plain-hospitaal uitgebreek het, is volgens die Kaapse brand-en-reddingsdienste, onder beheer gebring.
Mdluli uit sy amp “geskuif”
Richard Mdluli, hoof van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se misdaadintelligensie-eenheid sal onmiddelik uit sy pos geskuif word, het Nathi Mthethwa, minister van polisie Woensdag gesê.
Sanral kondig tydelike uitvoerende hoof aan
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het pas bekend gemaak Koos Smit, uitvoerende-ingenieur, gaan tydelike as uitvoerende hoof intree tot Nazir Alli in Junie die pos verlaat.
Jessica Leandra dos Santos wil vrede maak
Die model Jessica Leandra dos Santos het op Mmusi Maimane, die DA se nasionale woordvoerder, se openbare brief gereageer en gesê sy bereid om vrede te maak.
Video: Die geboorte van 3 jagluiperdwelpies
Africam.com het op 2 Mei die geboorte van drie jagluiperdwelpies op die internet uitgesaai.
Betogers brand klaskamer af
ʼn Klaskamer is gister tydens ʼn diensteleweringoptog in Tlapeng, naby Ganyesa, afgebrand.
Video: Supermaan oor Kaapstad
Talle Kapenaars het Sondag op Leeukop bymekaar gekom om na die supermaan te kyk.
Priester aangeval en in kluis toegesluit
‘n Rooms-Katolieke priester, Andrew Cox, herstel tans in die hospitaal ná ‘n rooftog in sy kerk, het die Wes-Kaapse polisie Woensdag gesê.
Pretoria-man sterf in botsing met trein
ʼn Man is Dinsdagaand dood ná die voertuig waarin hy gery het met ʼn goederetrein in Pretoria-Noord gebots het.