Volgens die vakbond Solidariteit is dit duidelik dat Velvet Sky stap vir stap in Aurora se voetspore volg weens die oorvleueling in betrokkenes.
Lees meerAlles vir Maandag 14 Mei 2012
24 000 motoriste vir oortredings aangetree
Meer as 24-duisend motoriste is vir verskillende oortredings in die eerste kwartaal van vanjaar in hegtenis geneem.
ANC vra DA om nie te betoog
Die ANC het ʼn versoek aan die DA gerig om nie more ʼn optog na Cosatu se hoofkwartier te hou nie omdat hulle voel dit sal onnodige spanning aanvuur.
Vyf met renosterhoring betrap
Vyf mense is vandag in Polokwane in hegtenis geneem na hulle met ‘n renosterhoring gevang is.
Laerskoolkind ernstig by Bloemfonteinse skool beseer
ʼn 7-jarige seun is ernstig by sy laerskool in Bloemfontein beseer na ʼn groot sementpyp vandag op hom geval het.
Die huidige toedrag van sake vir minderhede in die wêreld – Deel 2
Sebastiaan Biehl bespreek die toedrag van sake vir minderhede in die wêreld
ABSA trek bedankingsbriewe terug
Die finansiëledienstevakbond Sasbo, wie die meerderheid ABSA-werknemers verteenwoordig, het pas bekend gemaak dat die bank ingestem het om die bedankingsbriewe van die bank se IT-afdelings terug te trek.
Boer vat mynreus aan
ʼn Boer van Delmas is keelvol vir hoe myne in die gebied opereer en het besluit om ʼn mynreus aan te vat.
Innibos-feeskomitee laat ‘kat’ uit die mou
Innibos is vanjaar nege jaar oud, en soos die spreekwoordelike kat met nege lewens, gaan daar vanjaar heerlik gekattemaai word.
Vertroue in Zuma val
Volgens ʼn peiling deur TNS Research Surveys het sy ondersteuningsyfer tot 46% in April gedaal, na die syfer op sy hoogste 55% in Februarie was.
Man sterf tydens valskermsprong
‘n 56-jarige man is Sondag tydens ʼn valskermsprong dood. Die voorval het omstreeks 09:00 by ʼn valskermklub in Durban plaasgevind.
“Polisie het my gekaap”
ʼn Man is Vrydagaand in Johannesburg deur mans wat hulself as polisielede voorgedoen het, met ʼn vuurwapen aangehou en van sy Porsche beroof.
Man deur lykswa doodgery
‘n Voetganger is dood nadat hy glo deur ‘n lykswa omgery is.
Taxi drywers staak oor petrolprys
ʼn Taxi staking in Johannesburg het vanoggend duisende pendelaars gestrand gelaat. Die Taxi bestuurders staak om oor verskeie aspekte te protesteer. Luidens die SABC is hulle onder andere ontevrede oor die e-tolstelsel en die stygende hoë petrolprys.
Geen haan sal daarna kraai nie
Taaltoffie kyk na die herkoms van dié Afrikaanse uitdrukking
Nasionale tesourie sê polisie moet verminder
Die nasionale tesourie het aanbeveel dat die polisie sy personeel met tot 9 000 lede moet verminder.
Nuuskommentaar: Twiet-twiet, in die voet geskiet
Presies hoe laakbaar die kubervitrioel kan daal blyk daaruit as ʼn “debat” in die kuberruim losbars waarin mense wat hulself Christene noem oor geloofskwessies mekaar so bydam dat die eertydse Inkwisisiedrywers sou kon kom les neem.
Sowat van ʼn onbeholpenheid het ek nog net voorheen by die Lions gesien…
Polla Roux bespreek die afgelope naweek se rugby
Vyf dood op Namibiese plaas
‘n Gesin van drie en ‘n plaaswerker is op ‘n plaas naby Rehoboth oos van Windhoek Sondag doodgeskiet. Die vermeende aanvaller is ook daarna aan beserings dood.
Hoogste Lego-toring voltooi
Die wêreld se hoogste Lego-toring is Sondag in Suid-Korea voltooi. Meer as vierduisend kinders het gehelp om die toring te bou wat uit ʼn halfmiljoen van die gewilde boublokkies bestaan.