Phil Young, ʼn Suid-Afrikaner wat die afgelope twee jaar in Afganistan in ʼn tronk sit, is vandag vrygelaat en behoort Donderdag in Kaapstad te land.
Lees meerAlles vir Dinsdag 15 Mei 2012
Clifton-vistreiler: Reddingspoging weer uitgestel, gaan Woensdag voort
Pogings om ‘n gestrande Japannese vistreiler by Clifton aan die Kaapse kus weer vlot te kry, is weer gestaak nadat die tou wat deur die sleepboot gebruik is, wéér gebreek het.
2013 skole toelating begin reeds in Mei
Die registrasieproses vir 2013 se skooljaar gaan vanjaar reeds in Mei afskop.
DA gaan Cosatu aankla
Die DA het gesê hy gaan strafregtelike aanklagte teen die leierskap van die vakbondfederasie Cosatu indien na die geweld wat vanoggend in die Johannesburgse middestad uitgebreek het.
Die toebroodjie is vandag 250 jaar oud
Die toebroodjie vier vandag sy 250e bestaansjaar.
Henning-moord: Verdagte vra meer tyd
Die borgtog-aansoek van ‘n beskuldigde in die Chanelle Henning-moordsaak, Ambrose Monye, is vandag weer in die landdroshof uitgestel
Blou teen Rooi – DA en Cosatu bots
ʼn Betoging wat vanoggend vreedsaam begin het, het in chaos ontaard na ondersteuners van die DA (geklee in blou) en Cosatu (geklee in rooi) oproerig geraak het na die twee groepe in Johannesburgse strate koppe gestamp het.
Waar is die individu in die hele verhaal?
In die debatte oor die toekoms van die Afrikaanse kultuur word die rol van die individuele lewe onder Afrikaners dikwels oor die hoof gesien.
Man vas na hy kind verkrag
ʼn Man is in hegtenis geneem na hy glo Sondag ʼn kind in Swartfontein naby Bronkhorstpruit, verkrag het.
Vrou kla polisie aan vir aanranding
ʼn 35-jarige vrou van Johannesburg het kriminele klagtes teen die Douglasdale-polisie aanhangig gemaak na beamptes van dié stasie haar glo aangerand het.
Video: Afrigter in die sop na hy skeidsregter bydam
Die lot van Schalk Snyman, die afrigter wat in ’n video betrap is dat hy ’n top-Saru-skeidsregter ná ’n skolerugbywedstryd met die skouer gekap en gevloek het, sal in ’n tugverhoor van die Valke beslis word.
Twee vas na inbraak
Twee mans is in hegtenis geneem na hulle vroeg vanoggend by ʼn Johannesburgse winkel wou inbreek.
Ongenooide gaste?
Hoe verwys jy in Afrikaans na iemand wat gereeld ongenooid vir ete opdaag? Kom lees dié Taaltoffie om meer uit te vind.
Sanral gaan nie hofbevel teenstaan
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) gaan nie teen die tydelike hofbevel teen die instelling van die e-tolstelsel appelleer nie en het glo reeds prosesse begin om die e-tolstelsel te hersien.
Nuuskommentaar: Bril na die verlede is teleskoop na die toekoms
“As jy wit Suid-Afrikaners mal wil maak, praat oor die verlede. As jy swart Suid-Afrikaners mal wil maak, praat daaroor soos F.W. de Klerk op CNN gedoen het,” – Jonathan Jansen, rektor van die UV.
Polisie moet R90 000 opdok
ʼn Man wat 18 maande in die tronk moes spandeer na verkeerdelik in hegtenis geneem is, gaan R90 000 skadevergoeding kry.
Leeuwelpie byt toeris
ʼn 28-jarige toeris van Singapoer moes ongeveer sestig steke kry nadat ‘n leeuwelpie haar in die gesig gebyt het.
DA sal optog na Cosatu hou
Die DA het benadruk dat die party wel met Dinsdagoggend se optog na Cosatu se hoofkwartiere in Johannesburg sal voortgaan.
NAMPO Oesfees begin vandag
Die jaarlikse Nampo Oesfees skop vandag by die Nampo-park naby Bothaville in die Vrystaat af.