Donna Summer, een van die mees invloedryke sangers van die disko-era, is Donderdag op 63-jarige ouderdom aan kanker oorlede.
Lees meerAlles vir Donderdag 17 Mei 2012
Reeksverkragter kry tot 17 keer lewenslange tronkstraf
Die man wat bekend geword het as die Avalon-begraafplaasverkragter, is Donderdag in die Suid-Gautengse hooggeregshof tot 17 keer lewenslange tronkstraf gevonnis.
Kunswerk van ontblote Zuma het land aan’t gons
Die ANC is woedend oor ʼn kunstenaar se kunswerk wat president Jacob Zuma ‘ontbloot’ en het hul regspan gevra om die howe te nader om die kunstenaar te dwing om die kunswerk te verwyder en alle promosiemateriaal daaroor te vernietig.
Regering wil SAL geldelik onder sy vlerk neem
Die regering beplan om die Suid-Afrikaans Lugdiens (SAL) geldelik te ondersteun om die veiligheid van lugvervoer te verseker.
ID-boekies dalk gou iets van die verlede
Die bekende groen ID-boekies mag dalk binnekort iets van die verlede wees. Na wat verwag word, gaan slim ID-kaarte reeds teen die volgende verkiesing gebruik word.
Twee lyke op strand gekry
Die liggame van ‘n 21-jarige vrou en 65-jarige man is Woensdagmiddag op ʼn strand in Hartenbos in die Wes-Kaap gekry.
Verkragting-video: 13-jarige vir evaluasie gestuur
Die 13-jarige seun wat daarvan beskuldig word dat hy deel was van ʼn groep wat vroeër vanjaar ʼn 17-jarige verstandelikgestremde meisie in Soweto verkrag het, is Donderdag vir sielkundige evaluasie gestuur.
Chanelle Henning-moord: Valke voer klopjagte uit
Die Valke het Donderdagoggend op verskeie eiendomme van Nico Henning, die vervreemde man van die vermoorde Chanelle Henning, toegeslaan om dit te deursoek.
E-tolstelsel: Regering gaan hofbevel appelleer
Hoewel Sanral nie die tydelike hofbevel teen die instelling van die e-tolstelsel gaan appelleer nie, gaan die regering wel.
Dief skiet makker raak
Johannesburgse polisie het drie verdagtes aangekeer ná een van hulle deur sy medepligtiges in die bors geskiet is, en hy gevolglik in ʼn hospitaal aangekeer is.
Meisie verkrag na Twitter ontmoeting
’n 13-jarige meisie is glo in haar huis verkrag ná sy ʼn man, wat sy deur Twitter leer ken het, daar ontmoet het.
Nuuskommentaar: Mdluligate Zuma se Watergate?
Indien pres. Jacob Zuma aan die einde van die jaar ge-Polokwane word, sal die ontleedmesse reeds ver gevorder wees om te probeer bepaal watter Zumagate het nou eintlik die meeste tot sy val bygedra…
Drie kinders slagoffers van bendegeweld
Drie kinders is in kruisvuur gewond na bendegeweld Woensdagaand in Kaapstad uitgebreek het.
Vrou vermoor omdat sy man wou vergiftig
ʼn Polisievrou het Woensdag in die Hooggeregshof in Pretoria getuig dat Albert van Vuuren sy vrou vermoor het omdat sy hom glo wou vergiftig.
Kapers doen hulleself as polisiebeamptes voor
Die polisie het inwoners aan die Oos-Rand en in Johannesburg se noordelike voorstede Woensdag gewaarsku om versigtig te wees vir ʼn bende wat hulleself as polisiebeamptes voordoen.
Man sterf na motor agt meter ver val
‘n Man is dood en twee ander persone ernstig beseer nadat hulle motor agt meter ver van ‘n brug in Pretoria geval het.