SpaceX, ʼn privaat onderneming wat deur ʼn ingenieur en uitvinder van Pretoria besit word, het Saterdag misluk in sy poging om ʼn vuurpyl na die internasionale ruimtestasie te lanseer.
Lees meerAlles vir Saterdag 19 Mei 2012
Oudste vrou klim Everest vir die tweede keer uit
ʼn 73-jarige Japanese vrou het Saterdag haar eie rekord verbreek deur Mount Everest uit te klim.
Beseerde walvis spoel uit by Muizenberg
‘n Beseerde dwerg-potvis (ook bekend as ‘n spermwalvis) het Saterdag by Surfers Corner in Muizenberg uitgespoel.
Vrou dood en 15 kinders beseer in ongeluk
ʼn Vrou is dood en 16 mense, waaronder 15 kinders, is Saterdag beseer toe ʼn bakkie op die M13 in Kloof naby Durban gerol het.
SA Agulhas tree uit
Die polêrenavorsingsvaartuig SA Agulhas het haar laaste vaart afgesluit toe sy by die V&A Waterfront in Kaapstad gemeer het.
Andries Pretorius se moordenaar uiteindelik gevonnis
ʼn Tuinier van Pretoria wat sy werkgewer, Andries Pretorius (64), se vinger afgesny en hom toe vermoor het, is Vrydag gevonnis.
Man sterf na trein hom tref
ʼn Man is dood nadat hy deur ʼn trein in Denver, oos van Johannesburg getref, is.
JHB-man skiet kinders, self
ʼn Man het sy twee kinders en homself Vrydagaand by hul huis in Mondeor, Johannesburg, doodgeskiet.
Pa wat dogter per ongeluk skiet: strafbaremanslag-saak geopen
ʼn Geval van strafbare manslag is geopen nadat Glenn Boshoff Vrydag per ongeluk sy dogtertjie, Edith (8), doodgeskiet het tydens ʼn inbraak.