Nagenoeg 500 straatsmouse gaan Dinsdag Pretoria se strate invaar om teen die Tshwane-metropolisie, wat hulle glo uitbuit, te betoog.
Lees meerAlles vir Maandag 4 Junie 2012
Man met miljoene rande se dwelms betrap
‘n 26-jarige man is Sondag in Mpumalanga in hegtenis geneem ná hy met dwelms ter waarde van miljoene rande betrap is.
Onthou! Kronieke van vroue- en kinderlyding, 1899-1902
Onthou! bied die leser ʼn intense blik op die smartryke lyding van vroue en kinders in die Britse konsentrasiekampe gedurende die Anglo-Boereoorlog.
Man in hof vir moord op 9-jarige
Die man wat beskuldig word van die moord op sy 9-jarige stiefdogter, wie se liggaam in ʼn klein vrieskas in haar ouerhuis in Eersterust, Pretoria, gekry is, het Maandag vlugtig in die Sentrale gevangenis se hof verskyn.
Rugby-wonderwerke die afgelope naweek
Polla Roux bespreek die afgelope naweek se rugby.
Mdluli-hofsaak tot 21 Junie uitgestel
Die geskorste misdaad-intelligensiebaas Richard Mdluli het Maandag weereens in die arbeidshof verskyn in ‘n poging om sy skorsing op te hef.
Victor Matfield verwelkom kaptein-besluit
Victor Matfield verwelkom Heyneke Meyer se besluit om Jean de Villiers as kaptein aan te wys vir die drie toetse teen Engeland.
SAUK verbied advertensie wat ANC in slegte lig stel
SABC3 het AfriForum meegedeel dat ’n video van dié burgerregte-organisasie as betaalde advertensie op hierdie kanaal verbied word omdat dit volgens hulle die ANC in ’n slegte lig stel.
Drie afsonderlike betogings hou polisie besig
Die polisie het Maandag hul hande vol gehad met drie afsonderlike betogings naby Johannesburg, Durban en Kaapstad.
Man wat meisie ná MXit-ontmoeting ‘verkrag’, borg geweier
’n Man wat glo ’n 13-jarige Pretoriase meisie verkrag het nadat hy haar deur die sosiale netwerk MXit ontmoet het, is verlede week borgtog geweier.
Nog ʼn moord in Middelburg-omgewing
ʼn Bejaarde vrou is Vrydagaand beroof en wreed vermoor in die Middelburg-omgewing, Mpumalanga, skaars twee dae na ʼn ma ook in die gebied ontvoer, beroof en vermoor is.
35 skoolkinders in botsing beseer
Twee taxi’s vol skoolkinders het Maandagoggend naby Lenasia, duskant Johannesburg, teen mekaar gebots.
SAUK verbied Nando’s-advertensie
Die SAUK weier om Nando’s se nuutste advertensie uit te saai omdat dit xenofobiese ondertone bevat.
Hond verskeur 52-jarige man in Benoni
ʼn 52-jarige man is ernstig beseer ná ʼn hond hom Maandagoggend na bewering in Northmead, Benoni, aangeval het.
Nigerië rou na vliegtuigongeluk
President Goodluck Jonathan van Nigerië het drie dae van rou verklaar na gister se vliegtuigongeluk in Lagos, Nigerië, waarin minstens 153 mense omgekom het.
Nuuskommentaar: Zumastrand (in Kalifornië), ʼn doodlekker strand
Dis blote toeval dat Zumastrand by Malibu, Kalifornië, daardie naam dra, en het die naam gehad lank voor pres. Jacob Zuma nog gebore is. Zumastrand is die strand waar die bekende TV-reeks Baywatch geskiet is en die aktrises se bates tamlik uitgehang het.
DA lê klagtes teen “verregses” oor “rassehaat protesaksie”
Die DA in Mpumalanga gaan Maandag klagtes aanhangig maak by die Menseregtekommissie teen sewe “verregse groepe” na ʼn “rassehaat protesaksie” in Delmas verlede week in reaksie op die moord van die vyf maande oue `Wiehan Botes en sy dagmoeder, Margrietha de Goede.
Tiener praat oor ‘ontvoering’
Kaylene Lewis, die 14-jarige skoolmeisie wat deur ‘n 35-jarige man op Facebook oorreed is om saam met hom te verdwyn, het haar stilswye verbreek oor die voorval.