Jack Parow en sy vriendin, die model Jenna Pieterson, se baba is Dinsdag gebore.
Lees meerAlles vir Dinsdag 12 Junie 2012
Vrese oor nasionalisering van myne moontlik binnekort besweer
Beleggers se vrese dat Suid-Afrika sy myne moontlik gaan nasionaliseer sal glo later dié maand tydens ʼn ANC-konferensie besweer word, het minister Susan Shabangu Dinsdag gesê.
Eis teen Lolly Jackson se boedel uitgestel
ʼn Eis teen ontkleeklubbaas Lolly Jackson se boedel is Dinsdag in die Suid-Gautengse hooggeregshof onbepaald uitgestel.
Bejaarde man se moordenaar skuldig bevind
Sarel Koekemoer (68) se voormalige tuinier wat erken het dat hy sy werkgewer uit woede vermoor het, is Dinsdag by die hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind.
Nuwe Chapman’s Peak toltariewe aangekondig
Motoriste sal van Julie af meer moet opdok om Chapman’s Peakrylaan in die Wes-Kaap te gebruik.
Zuma maak verskuiwings in die kabinet
President Jacob Zuma het Dinsdag verskuiwings in die kabinet by die Uniegebou in Pretoria aangekondig.
Kleuters wat in Pretoria doodbrand, name bekend
Die twee meisietjies wat vanoggend in ʼn huisbrand in Montana Park, in die noorde van Pretoria, doodgebrand het, se name is bekend gemaak.
Besetters se poging om uitsetting te stuit misluk
Die proses om die grondgrypers van die Wallmannsthal-gebied, noord van Pretoria, te verwyder het vandag begin.
Pa van vermoorde Middelburgse vrou bied R100 000 beloning aan
ST Potgieter, die pa van die vermoorde Middelburgse ma en oudioloog, Igna Nortjé (33), het met behulp van sy werkgewer ʼn R100 000 beloning uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisname en skuldigbevinding van haar moordenaar.
Polisie vang ‘gewelddadige misdadiger’ ná hy ontsnap
ʼn Man wat met 13 gewelddadige misdade verbind word, is weer in hegtenis geneem ná hy uit aanhouding by die Protea Glen-polisiestasie in Soweto ontsnap het.
43 weer in tronk na kwytskelding
Die departement van korrektiewe dienste Dinsdag bevestig dat 43 gevangenes, wie se vonnisse onlangs deur president Jacob Zuma verminder is, weer terug in die tronk is.
ANC gaan nie Malema se skorsing hersien nie
Die ANC se nasionale uitvoerende komitee gaan nie die skorsing van Julius Malema, Sindiso Magaqa en Floyd Shivhambu hersien nie.
Van Wyk Louw en MER se oorlewingskrisisse vir die Afrikaner
“Hoe kan ’n klein volk lank bly voortbestaan, as hy iets haatliks en iets boos is vir die beste binne – of buite – hom?”
Lotto boerpot nog onopgeëis
‘n Lotto boerpot ter waarde van R1,364-miljoen gaan verval as dit nie voor Donderdag opgeëis word nie.
“Rasgedrewe” moordklagtes teen gesin teruggetrek
ʼn Gesin is vrygelaat na hulle in verband met ʼn ‘rasgedrewe’ moord in hegtenis geneem is. Die gesin het glo ook “genoeg wapens gehad om ʼn oorlog mee te voer”.
Soldate se oorskot kan nou in SA begrawe word
Die oorskot van drie Suid-Afrikaanse soldate wat in 1975 in die Slag van Ebo dood is, is Maandagoggend geëien.
Twee kleuters sterf in Pretoria-huisbrand
Twee kleuters het Dinsdagoggend in ʼn huisbrand in Montana Park, Pretoria, omgekom.
Nuuskommentaar: “Affirmative Action” en natuurlike geregtigheid
Solidariteit se hofgeding teen die Departement van Korrektiewe Dienste in die Wes-Kaap oor “regstellende aksie” en ander soortgelyke hofsake, se implikasies strek ver buite die sfeer van regspraak.
Koue dryf Eskom in die rooi
Eskom het bykans sy volle opwekkingsvermoë gisteraand bereik te midde van die kouefront wat die land in sy greep het.
2-jarige sterf in Pretoria-ongeluk
ʼn Tweejarige seuntjie is dood nadat hy Maandagaand deur ʼn voertuig in Pretoria raakgery is.