“Tjorts! Ek drink ’n sjerrie op jou, my Musiekengel. Al is dit vroeg, weet ek êrens is daar al ’n vliegtuig oor en is jou vlerke reeds in die mooiste konsertvere getooi vir jou nuwe reis na ’n hemelse konsert.” – Willie Strauss
Lees meerAlles vir Woensdag 13 Junie 2012
Mense aangemoedig om bloed te skenk
Donderdag is Internasionale Bloedskenkingsdag en mense word aangemoedig om hul moue op te rol en aan te meld.
Pa gevang vir beweerde kindermoord
ʼn Pa van die Wes-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy glo sy twee kinders Woensdag in Muizenberg vermoor het.
Vadersdag: Wen ‘n wegbreekkans vir jou pa by Carousel!
Bederf jou pa! Wen ʼn aand by die Carousel Casino and Entertainment World net noord van Pretoria op 16 Junie!
Cele beplan om hof toe te gaan
Bheki Cele, die afgedankte nasionale polisiekommissaris, het Woensdag geskimp dat politici binne die ANC met lede van die media en “apartheidsagente” saamgewerk het om ‘n smeerveldtog teen hom te voer.
Man gestenig na hy vrou van Oos-Rand wou beroof
ʼn Man is met klippe dood gegooi nadat hy glo probeer het om ʼn vrou van die Oos-Rand te beroof.
Dooie babatjie in asblik in spogbuurt gevind
ʼn Grusame ontdekking is vanoggend in ʼn spogbuurt in Pretoria gemaak toe die liggaam van ʼn pasgebore baba seuntjie in ʼn asblik ontdek is.
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
Johan Kotzé (50), die sogenaamde “Modimolle-monster”, moet vir ’n bykomende 30 dae in die Weskoppies-hospitaal in Pretoria bly.
Bejaarde vrou sterf in brand
ʼn Bejaarde vrou het Woensdag in die vroeë oggendure gesterf na ʼn brand by haar woonstel in ʼn aftreeoord in Kleinmond, in die Wes-Kaap, uitgebreek het.
Video: “Motorhuis” kry nuwe betekenis
Die leë dop van ʼn huis wat op ʼn snelweg in Rusland vervoer is, lei tot dramatiese gevolge wanneer dit van die vragmotor afval.
Nóg drie kinders brand dood
Nog drie kinders het gisteraand in ʼn brand naby Pretoria omgekom. Dit bring die dodetal in Gauteng tot op nege oor die afgelope twee weke.
Polisie na Beyers Naudé-weg ontbied
Polisiebeamptes moes Woensdagoggend na Beyers Naudé-weg naby die Zandspruit informele nedersetting ontbied word nadat betogers van dié nedersetting begin het om voertuie met klippe stene te gooi.
Nuuskommentaar: Vredesindeks, Cele en Sisulu
Drie groot nuusgebeure het gister ‘n duidelik stempel op Suid-Afrika geplaas. Die jongste wêreldvredesindeks het die lig gesien, die polisiehoof, Bheki Cele, en Lindiwe Sisulu is die Verdedigingsportefeulje kwyt en na Staatsdiens en Administrasie verskuif.
Motorfietsryer jaag glo omdat perd sterf
ʼn Motorfietsryer is Dinsdag op die R21 vasgetrek ná hy 208km/u in ʼn 120km/u sone gejaag het. Sy beweer vir dié spoed was dat hy na sy vriendin moes haas om haar te troos omdat haar perd dood is.
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek “selfmoordpakt”
Die polisie se ondersoek na die raaiselagtige Griekwastad-moorde het glo uitgebrei na bewerings van ʼn selfmoordpakt tussen Marthella Steenkamp (14) en haar vriendinne.
Dogtertjie het glo voorbode oor haar en sussie se dood
Een van die twee dogtertjies wat gisteroggend in hul huis in Montana, in die noorde van Pretoria, doodgebrand het, het glo eergisteraand aan hul ma, Alicia du Toit (26), gesê “mamma, liewe Jesus gaan ons môre kom haal.”
AfriForum bevraagteken aanstelling van nuwe polisiehoof
Die burgerregte-inisiatief AfriForum en opposisiepartye het die aanstelling van Mangwashi Victoria (Riah) Phiyega as die land se eerste vroue polisiehoof met gemengde reaksie ontvang.