Een van Suid-Afrika se oudste voormalige Springbokspelers is vanoggend oorlede.
Lees meerAlles vir Donderdag 14 Junie 2012
Malema, Shivambu sê jammer
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het opdrag aan Julius Malema, die voormalige leier van die ANC-Jeugliga, en sy woordvoerder, Floyd Shivambu, gegee om Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, om verskoning te vra.
Baba Wiehan: Verdagtes nie gereed met borgaansoek
Die twee mans wat vandag in die Delmas-landdroshof verskyn het in verband met die moord op die 5 maande oue Wiehan Botes en sy dagmoeder Magrietha de Goede (66), se saak is tot 27 Julie uitgestel.
Trok ry 7-jarige seun dood
‘n 7-jarige seun is Donderdag dood nadat hy deur ʼn trok in Paarl, in die Wes-Kaap, voor sy skoolmaats doodgery is.
Weggooibaba: Ma opgespoor
Die ma wie gisteroggend haar pasgebore baba seuntjie in ʼn asblik weggegooi het, is Donderdagmiddag deur die Brooklyn-polisie aangekeer.
DVD: Dink nuut oor verhoudings met Riekert Botha
“Dink nuut” is ‘n DVD-reeks met praatjies deur Suid-Afrika se bekendste Christen-sprekers oor onderwerpe wat ons lewens daagliks raak.
‘n Perd van ‘n ander kleur
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “‘n Perd van ‘n ander kleur”.
Nuwe polisiebaas is reg vir uitdaging
Mangwashi Phiyega, die nuutaangestelde nasionale polisiekommissaris, het erken dat sy bewus is van die groot taak wat voor haar lê.
Bejaarde wat doodbrand: Familie bring hulde aan ‘Ouma Souf’
Die familie van die bejaarde vrou wat Woensdagoggend in ʼn brand omgekom het, gaan hul ma en ouma onthou as ʼn vrou wat altyd daar was vir hulle en baie opofferings vir hulle gemaak het.
Watter volke regeer hulleself?
Haas geen week gaan verby sonder nuus oor vurige groepe wat hulle teen oorheersing verset en vir groter selfbeskikking beywer nie. Ons kyk vlugtig na ‘n paar kenmerke van die verskynsel bekend as “nasionalisme” en loer na ‘n paar maniere waarop volke selfbeskikking in die verre en korte verlede verwerf het.
Kinderpornografievideo glo oor selfone versprei
Die rolprent-en-publikasieraad ondersoek die oorsprong van ʼn kinderpornografie-selfoonvideo wat tans oor selfone versprei word.
Man met R70 000 se onwettige sigarette gevang
ʼn Man is Woensdag in Bela-Bela, Limpopo, in hegtenis geneem ná hy in besit van onwettige sigarette met ʼn waarde van R70 000 gevang is.
Koei op hoofweg dood gery
ʼn Persoon is ernstig beseer en ʼn koei dood na die koei Woensdagaand ‘n kettingbotsing tussen vier voertuie op die N3-hoofweg veroorsaak het.
Man sterf in Midrand-botsing
‘n Man is Woensdagaand dood nadat sy voertuig teen ‘n bakkie in ‘n kruising in Midrand gebots het.
Nuuskommentaar: Hoes of betaal is die wet wat nie faal
Die beslissing van die Grondwetlike Hof dat die vakbond, Satawu, vir die skade verantwoordelik gehou word wat sy lede tydens ‘n optog in Kaapstad aangerig het, sal ‘n baie versoberende uitwerking op die karakter van stakings in Suid-Afrika hê.
Miljoene rand se skade by SAUK na Isidingo-stel afbrand
Brandbestryders het drie ure lank gespook om ʼn brand wat Woensdagaand by die SAUK se Henley Studio’s in Auckland Park, Johannesburg, uitgebreek het, te blus.
Drie “lede” van blouligbende vas
Drie vermeende lede van ʼn sogenaamde blouligbende is gister weer in hegtenis geneem nadat hulle in die hof verskyn het.
Zuma en ander BBP’s se vlugte kos R282 miljoen
Lindiwe Sisulu, wat pas vervang is as minister van verdediging, het bekendgemaak dat haar departement tussen 2009 en 2012 meer as R282 miljoen spandeer het op vlugte vir president Jacob Zuma en ander BBP’s.