ʼn Bakkie het Saterdagmiddag naby Kimberley uitgebrand ná iemand glo ʼn sigaretstompie uit hul voertuig gegooi het, en dít die bakkie laat vlam vat het.
Lees meerAlles vir Saterdag 16 Junie 2012
Vermiste juffrou se verminkte liggaam gevind
Die verminkte liggaam van ʼn vermiste onderwyseres is Vrydag naby Potchefstroom, in Noord-Wes, gevind.
Vier geskiet tydens JHB-winkelsentrum rooftog
Vier mense, waaronder ʼn baba en ʼn polisiebeampte, is Saterdag gedurende ʼn rooftog by die Randridge-winkelsentrum in Johannesburg doodgeskiet.
Jeugdag: AfriForum bekommerd oor Afrikaans in skole
Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, is daar die afgelope tyd toenemende pogings van die departement van onderwys om Afrikaanse skole te dwing om leerders in Engels te akkommodeer.
Nagklub met petrolbom gegooi
ʼn Nagklub in Observatory, in die Wes-Kaap, is Vrydag tot op die grond verbrand ná dit met ʼn petrolbom gegooi is.
Rugby-ikoon sterf
Mof Myburgh, ʼn voormalige Spingbok-stut, is Vrydagmiddag in die ouderdom van 75 dood.
Suid-Afrika vier Jeugdag
Dit is vandag 36 jaar sedert geweld tydens ‘n betoging van leerders teen die gebruik van Afrikaans as onderrigtaal in Soweto uitgebreek het.