Johan van Rensburg (77), die boer van Limpopo wat Woensdag vermoor is, se seun blameer die ANC-jeugliga vir die skietery.
Lees meerAlles vir Vrydag 22 Junie 2012
Solidariteit Beweging knap skool op vir hul 110de verjaardag
Honderde vrywilligers en die leiers van die Solidariteit Beweging het Vrydag opknappingswerk by een van die armste skole in Pretoria-Wes, Hoërskool Hercules, gedoen.
Kaapstad: Neusie verby vir gesels en ry
ʼn Munisipale wet tree op 1 Julie in Kaapstad in werking wat verkeerspolisie die reg gaan gee om beslag te lê op selfone wat deur motoriste gebruik word.
Nuuskommentaar: Stemme van redelikheid en stemme wat onbeheerde vuur spoeg
‘n Stem gister uit Nederland wat vir Nederlanders bedoel is, maar wat net sowel vir Suid-Afrika bedoel kon wees, en Die Burger se hoofartikel vanoggend sing ‘n perfekte melodie van harmonie. Miskien toevallig, maar hoogs tydig.
Duisende polisielede ly aan depressie
Meer as 10 000 polisielede ly aan depressie en ʼn verdere 2 700 aan posttraumatiese stres as gevolg van stresvolle werksomstandighede.
Baba Wiehan: Moordenaar dalk vasgetrek
Die vermeende moordenaar van die 5-maande oue Wiehan Botes en sy dagmoeder, Margrietha de Goede (66), is moontlik vasgetrek.
Grootste oseaanbewaringsgebied verklaar
Australië het onlangs ʼn groot marine-gebied as bewaringsgebied verklaar, en sodoende ʼn presedent van oseaanbewaring vir ander lande geskep.
Pendelaars skiet glo taxibestuurders
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxivereniging (Santaco) in die Wes-Kaap het Donderdag gesê hy is stomgeslaan oor die moord van twee taxibestuurders.
13-jaaroue moordsaak: Geheime ooggetuie bekend
Die geheime ooggetuie in die 13-jaaroue moordsaak van Betty Ketani is uiteindelik bekend.
Seerower-gyselaars: Geen losprys betaal nie
Die departement van internasionale betrekkinge het Donderdag gesê dat hulle nie bewus is van enige losprys wat vir die Suid-Afrikaanse paartjie, wat deur Somali-seerowers gyselaar gehou is, betaal is nie.