Die man wat beskuldig word van die moord op sy 9-jarige stiefdogter, wie se liggaam in ʼn klein vrieskas in haar ouerhuis in Eersterust, Pretoria, gekry is, het Maandag vlugtig in die Sentrale gevangenis se hof verskyn.
Alles vir die maand Junie 2012
Rugby-wonderwerke die afgelope naweek
Polla Roux bespreek die afgelope naweek se rugby.
Mdluli-hofsaak tot 21 Junie uitgestel
Die geskorste misdaad-intelligensiebaas Richard Mdluli het Maandag weereens in die arbeidshof verskyn in ‘n poging om sy skorsing op te hef.
Victor Matfield verwelkom kaptein-besluit
Victor Matfield verwelkom Heyneke Meyer se besluit om Jean de Villiers as kaptein aan te wys vir die drie toetse teen Engeland.
SAUK verbied advertensie wat ANC in slegte lig stel
SABC3 het AfriForum meegedeel dat ’n video van dié burgerregte-organisasie as betaalde advertensie op hierdie kanaal verbied word omdat dit volgens hulle die ANC in ’n slegte lig stel.
Drie afsonderlike betogings hou polisie besig
Die polisie het Maandag hul hande vol gehad met drie afsonderlike betogings naby Johannesburg, Durban en Kaapstad.
Man wat meisie ná MXit-ontmoeting ‘verkrag’, borg geweier
’n Man wat glo ’n 13-jarige Pretoriase meisie verkrag het nadat hy haar deur die sosiale netwerk MXit ontmoet het, is verlede week borgtog geweier.
Nog ʼn moord in Middelburg-omgewing
ʼn Bejaarde vrou is Vrydagaand beroof en wreed vermoor in die Middelburg-omgewing, Mpumalanga, skaars twee dae na ʼn ma ook in die gebied ontvoer, beroof en vermoor is.
35 skoolkinders in botsing beseer
Twee taxi’s vol skoolkinders het Maandagoggend naby Lenasia, duskant Johannesburg, teen mekaar gebots.
SAUK verbied Nando’s-advertensie
Die SAUK weier om Nando’s se nuutste advertensie uit te saai omdat dit xenofobiese ondertone bevat.
Hond verskeur 52-jarige man in Benoni
ʼn 52-jarige man is ernstig beseer ná ʼn hond hom Maandagoggend na bewering in Northmead, Benoni, aangeval het.
Nigerië rou na vliegtuigongeluk
President Goodluck Jonathan van Nigerië het drie dae van rou verklaar na gister se vliegtuigongeluk in Lagos, Nigerië, waarin minstens 153 mense omgekom het.
Nuuskommentaar: Zumastrand (in Kalifornië), ʼn doodlekker strand
Dis blote toeval dat Zumastrand by Malibu, Kalifornië, daardie naam dra, en het die naam gehad lank voor pres. Jacob Zuma nog gebore is. Zumastrand is die strand waar die bekende TV-reeks Baywatch geskiet is en die aktrises se bates tamlik uitgehang het.
DA lê klagtes teen “verregses” oor “rassehaat protesaksie”
Die DA in Mpumalanga gaan Maandag klagtes aanhangig maak by die Menseregtekommissie teen sewe “verregse groepe” na ʼn “rassehaat protesaksie” in Delmas verlede week in reaksie op die moord van die vyf maande oue `Wiehan Botes en sy dagmoeder, Margrietha de Goede.
Tiener praat oor ‘ontvoering’
Kaylene Lewis, die 14-jarige skoolmeisie wat deur ‘n 35-jarige man op Facebook oorreed is om saam met hom te verdwyn, het haar stilswye verbreek oor die voorval.
Brande eis verskeie in JHB
Nooddiensbeamptes het hulle hande vol gehad met verskeie brande wat die naweek regoor Johannesburg ontstaan het.
Vliegtuigongeluk met 153 aan boord
ʼn Vliegtuig met 153 passasiers aan boord het Sondagmiddag teen ʼn tweeverdieping-gebou in Lagos, Nigerië vasgevlieg.
Twee lyke in Rustenburg gevind
Die liggame van twee mans is in die laaste paar dae by Freedom Park in Rustenburg gekry.
Hof beslis teen Mdluli
Die Johannesburgse arbeidshof het Sondagoggend vir ʼn aansoek van die Suid-Afrikaanse Polisiediens beslis wat vra dat die misdaadintelligensie baas, Richard Mdluli, geskors moet bly.
Vyf Suid-Afrikaners in top tien van Comrades
Ludwick Mamabolo het die 2012 Comrades-marathon met ʼn tyd van 05:31:03 gewen. Dis die eerste keer in sewe jaar dat ʼn Suid-Afrikaner dit regkry.