Die Film- en Publikasieraad het Vrydag die omstrede Zuma-skildery met ‘n ouderdomsbeperking van 16 geklassifiseer.
Alles vir die maand Junie 2012
Ses leerlinge in hospitaal vir breinvliesontsteking
Ses leerlinge is in die hospitaal in Brits, Noordwes, opgeneem vir waarneming en behandeling van breinvliesontsteking.
Nuuskommentaar: Kinderbeskermingsweek
Hoewel misdrywe teen kinders komplekse oorsake het wat aangespreek moet word, kan nie vir eendag gewag word dat die ekonomie herstel, alkoholismeprogramme doeltreffend word en kulture weer moreel nesskop, voor kinders beskerm word nie.
Foto’s: Bekruiper gevonnis
Shumsheer Ghumman, die man wat vroeër aan bekruiping skuldig bevind is en dat hy, weens sy obsessie met ʼn vrou ʼn huis in Clifton, Kaapstad, met ʼn petrolbom bestook het, is Donderdag gevonnis.
Drie vermeende N4-rowers gevang
Die polisie in Brits het drie verdagtes in hegtenis geneem wat glo verbind kan woord aan die misdade wat sedert Januarie 2012 op die N4 plaasgevind het.
BFN-paartjie sterf in brand in aftreeoord
ʼn Bejaarde paartjie het Donderdagaand in hul huis in Vleurdal-aftreeoord in Bloemfontein gesterf ná ʼn brand uitgebreek het.
Cell C-werknemer pleeg selfmoord
Die vakbond Solidariteit het Donderdag bevestig dat ʼn werknemer van Cell C selfmoord gepleeg het nadat hy sy afleggingskennisgewing ontvang het.