‘n Hartseer weduwee en haar kinders het Maandagoggend op ‘n vreemde toneel afgekom.
Lees meerAlles vir die maand Julie 2012
21 miljoenêrs steeds soek
21 Miljoenêrs is steeds soek ná Vrydagaand se rekord-lotery by die Olimpiese Spele.
Boeremag-verhoor: Vierde verdagte skuldig aan hoogverraad
Adriaan van Wyk, die vierde verdagte in die Boeremag-verhoor is Dinsdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof aan hoogverraad skuldig bevind.
Veiligheidswag gewond tydens OTM-ontploffing
ʼn Veiligheidswag is Dinsdag gewond na ʼn groep gewapende mans ʼn OTM in Pretoria opgeblaas het en daarna in ʼn skietery met die polisie betrokke geraak het.
Trilling het Bloemfonteiners op hol
Daar is bevestig dat ‘n ligte aardbewing van 3,8 op die Richterskaal gisteraand in die Suid-Vrystaat voorgekom het.
Makhado-munisipaliteit oor die vingers getik oor water
AfriForum het Dinsdag die Makhado-munisipaliteit in die Makhado-gebied (Louis Trichardt) aangemaan om teen 3 Augustus sy verpligtinge om water te verskaf na te kom om hofaksie te vermy.
Loodgieter wat glo hepatitis aan diens opdoen: Saak voorbehou
Die Wes-Kaapse hooggeregshof in Kaapstad het Dinsdag uitspraak voorbehou oor Solidariteit se versoek om gelyk te gee dat ʼn lid van die vakbond, wat ʼn hepatitis-virus by sy werkplek opgedoen het, dit wel opgedoen het terwyl hy aan diens was.
Rotherham-kaper blaas soene in hof
Die man wat tereg staan op ‘n aanklagte van poging tot moord op Zina Rotherham, die vrou van die Jacaranda FM-omroeper, Paul Rotherham, se saak is Dinsdag in die Wynberg-landdroshof uitgestel.
Foto’s: PTA-“rower” kritiek gewond tydens juwelierswinkel-roof
ʼn Vermeende rower is kritiek gewond na ʼn groep mans Dinsdagoggend ʼn juwelierswinkel by die Elarduspark-winkelsentrum, in Pretoria, wou beroof.
Een dood ná bakkie en taxi bots
Een man is dood en 16 mense beseer na ʼn bakkie en minibustaxi Maandagaand in Vanderbijlpark, Gauteng, reg van voor teen mekaar gebots het.
Hyskraan in reddingspoging gebruik
Twee konstruksiewerkers is Maandagmiddag ernstig beseer nadat hulle omtrent vier meter ver van een vlak steierwerk na ʼn ander vlak by ʼn bouterrein in Hatfield, Pretoria, geval het.
Bekendes veg teen plaasaanvalle
Steve Hofmeyr, Bobby en Karlien van Jaarsveld, Gerrie Pretorius en Adam Tas, staan saam in ʼn poging om plaasmoorde tot ʼn prioriteitsmisdaad te laat verklaar en om spesialiseenhede vir landelike veiligheid tot stand te laat bring.
So oud soos die Kaapse wapad
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking: “So oud soos die Kaapse wapad”
Kind brand dood
ʼn 6-jarige kind het Maandagaand in die Noord-Kaap doodgebrand terwyl hy glo alleen in sy ouerhuis geslaap het.
Nuuskommentaar: As jy nie sterk is nie moet jy slim wees
In die aanloop tot die ANC se groot kongres die einde van die jaar in Bloemfontein is dit interessant hoe veral president Jacob Zuma ander probeer manipuleer om sy gevegte vir hom te veg.
Oud-studente sê jammer oor rassistiese aanmerkings
Twee voormalige studente wat glo vroeër vanjaar rassistiese aanmerkings op Facebook gemaak het, het om verskoning gevra het die Menseregtekommissie (MRK) gesê.
Plaasmoord: Kinderhuis kry miljoene
ʼn Boer van Noordwes wat vroeër vanjaar tydens ʼn plaasaanval vermoor is, het sy boedel van meer as R30 miljoen aan ʼn kinderhuis bemaak.
Steyn se “slagoffers” getuig
Johannes Jacobus Steyn, of die sogenaamde “Sondagverkragter”, het Maandag vir die eerste keer tydens sy verhoor in trane uitgebars toe sy eksvrou teen hom getuig het.
Handboek-fiasko is ANC se skuld, sê Mantashe
Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Maandag gesê die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) erken die handboek-fiasko was ‘n “geweldige mislukking” van die regering.
Ma’s ontstoke oor hul “weeskinders”
Drie ma’s is ontstoke ná ‘n foto van hul kinders as “weeskinders” in ‘n plaaslike Mpumalanga-koerant verskyn het.