Die 3-jarige Pippie Kruger word Woensdag uit die Garden City-hospitaal ontslaan.
Lees meerAlles vir Dinsdag 3 Julie 2012
Goeie nuus: Kleinseun red oupa se lewe
‘n 6-jarige seuntjie van Kanada het sy oupa se lewe gered nadat die twee in Juniemaand in ‘n ongeluk betrokke was en die bejaarde ernstig beseer is.
“Moordenaar” oorhandig homself aan polisie
‘n Man wat glo sy gewese meisie en dié se nuwe vriend met ‘n byl aangeval het, het homself Dinsdag aan die polisie oorhandig.
R2 mil by Sandton Holiday Inn gesteel
Meer as R2 miljoen is uit die kluis van ‘n vooraanstaande bankier van Jordanië in ‘n hotel in Sandton, Johannesburg gesteel.
Dallas kom terug!
Die immergewilde sepie, Dallas, keer binnekort terug na ons televisieskerms.
Swemdrag vir Moslemvroue – die boerkini
Moslems is erg verdeeld oor swemdrag vir Moslemvroue wat soos soetkoek verkoop, wat die bynaam boerkini gekry het.
Ontvoerde Oudshoorn-baba opgespoor; 15-jarige vas
ʼn 15-jarige meisie is Dinsdag in hegtenis geneem nadat sy glo ʼn drie weke oue baba in Oudtshoorn, Wes-Kaap, ontvoer het.
Japan fnuik weer walvisreservaat
Japan het weer ‘n stokkie gesteek voor planne van Suid-Afrika en Suid-Amerikaanse lande om ‘n walvisreservaat in die Suid-Atlantiese Oseaan te skep.
Bloudruk vir Grond en Landelike Ontwikkeling
In ‘n poging om […] weer vars en nuut te dink [het] organisasies uit die burgerlike samelewing dit goedgedink om ‘n bloudruk vir grond en landelike ontwikkeling daar te stel.
Madiba se dogter nou ambassadeur
Nelson Mandela se oudste dogter, Zenani Mandela-Dlamini, se aanwysing as ambassadeur na Argentinië, is Maandag deur die Argentynse regering aanvaar.
Polisie, boere en honde-eenheid vang verkragter
Vinnige speurwerk van die Joubertina-polisie, die hulp van boere van dié omgewing en knap werk deur die Humansdorp-polisie se honde-eenheid het daartoe gelei dat ʼn vermeende verkragter binne twee dae opgespoor is.
4 sterf by inisiasieskool
Vier seuns het by ʼn ongeregistreerde inisiasieskool op Botshabelo, oos van Bloemfontein, gesterf.
R95-busongeluk: forensiese verslag sal lig werp
Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het Dinsdag gesê hulle wag vir ʼn verslag om die oorsaak van die busongeluk op die R95 verlede week waarin 19 mense dood is, te bepaal.
Onthoofde lyk laat polisie kopkrap
Die polisie soek na leidrade oor ʼn skynbare “bose daad” waartydens die liggaam van ʼn man in Noordwes opgegrawe en onthoof is.
Hordes TB-buffels gaan uitgesit word
Die Krugerwildtuin gaan van Dinsdag af begin om hordes buffels wat beestuberkulose het, uit te sit.
Nuuskommentaar: Al meer klippe kou vir minderhede
Die bedreigings wat minderhede en inheemse groepe nou in die gesig staar is nie nuut nie, maar die omvang van hierdie bedreigings het nuwe hoogtes bereik.
Video: Ontstoke klant maak amok in selfoonwinkel
ʼn Ontstoke klant het amok gemaak in ʼn selfoonwinkel in Manchester in Brittanje nadat personeel glo geweier het om sy geld terug te betaal.
Luiperd in Noordwes opgemerk
Die polisie het ʼn beroep gedoen op inwoners van Swartruggens en die Groot Marico-omgewing in Noordwes om op die uitkyk te wees vir ʼn luiperd wat in die omgewing opgemerk is.
Dewani se familie woedend oor T-hemde
Die familie van die vermoorde Anni Dewani is woedend vir ʼn plaaslike vervaardiger van T-hemde wat volgens hulle probeer munt slaan uit hul tragedie.
Polisieman in aanhoudingselle vermoor
ʼn Polisiebeampte is Saterdagaand deur gevangenes verwurg by die Katlehong-polisiestasie.