Fruit & Veg City Holdings het vir die media om verskoning gevra ná een van sy winkeleienaars Vrydag joernaliste in ʼn groot yskas toegesluit het.
Lees meerAlles vir Saterdag 7 Julie 2012
Man brand dood toe bakkie rol en grafstene op hom val
ʼn Man het Saterdag dood gebrand nadat hy onder ʼn bakkie vasgevang was wat omgeslaan en aan die brand geslaan het.
Kopbeen naby inisiasieskool gevind
‘n Menslike kopbeen is Vrydag naby ‘n inisiasieskool in Butterworth in die Oos-Kaap gevind.
ANC weer boos oor Zuma se privaatdele
Die ANC is weer vies omdat die omstrede The Spear sy opwagting gemaak het, hoewel dit dié keer in die vorm van ’n spotprent is.
Sonskynskrywer PH Nortjé sterf
PH Nortjé se pen is finaal stil na hy op 91-jarige ouderdom in ‘n aftree-oord in die Strand oorlede is
Kaap gewaarsku teen moontlike oorstromings
Rampbestuurspanne in die Kaapse Skiereiland is op ‘n hoë gereedheid geplaas vir moontlike oorstromings.
Aktrise probeer glo selfmoord pleeg
‘n Aktrise van die sepie Binneland het vroeër die week probeer selfmoord pleeg.