Polisieduikers en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is op soek na ‘n tiener wat in die see by Mosselbaai verdwyn het.
Lees meerAlles vir Donderdag 12 Julie 2012
Vermeende OTM-bomplanters in Kaapstad vasgetrek
Die polisie het Donderdag twee vermeende OTM-bomplanters naby Kaapstad vasgetrek.
Finansiële beloning vir Olimpiese atlete
Suid-Afrikaanse atlete kan tot R400 000 verdien vir elke goue medalje wat hulle van die 2012 Londen Olimpiese Spele huis toe bring.
SAKP: Mantashe bedank as voorsitter
Gwede Mantashe, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party het Donderdag aangekondig dat hy uit dié pos gaan bedank.
Skelet by Waterkloof LMB in PTA gevind
Lede van die Waterkloof Lugmagbasis het Donderdag ʼn grusame vonds gemaak.
Metropolisiebeampte wat selfmoord pleeg: Naam bekend
Die senior metropolisiebeampte van Johannesburg wat Donderdagoggend in die Rabie Ridge-omgewing selfmoord gepleeg het, se naam is bekend gemaak.
‘Dronk’ LP ontken gerugte
Dirk Feldman, die Cope-LP wat Saterdagaand glo op ’n SAL-vliegtuig onderweg na Indië die nooddeur wou oopmaak, het gerugte ontken dat hy tydens die voorval dronk was.
Gesteelde handgranate: Nog ʼn krat glo opgespoor
ʼn Boks handgranate wat verlede Woensdag by ʼn vulstasie op die N1 noord van Pretoria gesteel is, is glo opgespoor.
Riool bedreig gesondheid en die omgewing
Die Mafube-munisipaliteit in Limpopo se nalatigheid bedreig menslike gesondheid en die omgewing, het die burgerregte-organisasie, AfriForum, gesê.
Ses erg beseer in bulren
Die hospitaal in Pamplona, Spanje, het Donderdagoggend bekend gemaak dat ses mense ernstig beseer is toe hulle aan Pamplona se bekende bulren deelgeneem het.
Drie in hospitaal ná brand
Drie mense, waaronder twee kinders, is in die MediCinic opgeneem nadat ‘n brand Donderdagoggend in ‘n woonstelblok in Parkweg, Bloemfontein, uitgebreek het.
Senior JHB-metropolisiebeampte pleeg selfmoord
Die Johannesburgse metropolisie het Donderdag bevestig dat een van hul senior beamptes in die Rabie Ridge omgewing selfmoord gepleeg het.
Werker sterf ná hy 6 meter ver val
ʼn Man is Donderdagoggend in Benoni, Gauteng, dood nadat hy deur die dak van ʼn fabriek getrap en ses meter ver geval het.
Video: Merkwaardige bestuursvernuf
Ken Block, professionele tydrenjaer, stel sy merkwaardige bestuursvernuf in die strate van San Francisco, Kalifornië, ten toon.
Trok tref man in erf
ʼn Man is ernstig beseer nadat ʼn konstruksievoertuig hom in sy erf in Durban raakgery het.
22 mense beseer in Boksburg kettingbotsing
Altesaam 22 mense is beseer, waavan een kritiek, nadat drie voertuie Donderdagoggend in ʼn kettingbotsing in Boksburg betrokke was.
Oud-Springbok van swendelary verdink
Thys Burger, ʼn voormalige Springbok-rugbyspeler, word verdink van swendelary nadat hy glo sy Springbok-status gebruik het om geld by liefdadigheidsorganisasies in te samel.
8 000 volstruise moet geslag word
Sowat 8 000 volstruise moet in die Wes-Kaap van kant gemaak word ná die uitbreek van ‘n voëlgriep-epidemie in dié gebied.
Nuuskommentaar: Weermag en geweld
Met die eskalerende bendeverwante geweld in die Wes-Kaap staan die minister van polisie vas – die hulp van die weermag sal nié ingeroep word nie.
Aktrise praat ná selfmoordpoging
Die TV-kanaal kykNet sê hy is ten nouste betrokke by Lindie Stander, die Binneland-aktrise wat verlede week probeer selfmoord pleeg het, se herstelproses.