EduSolutions, die maatskappy wat vir die handboek-chaos verantwoordelik is, het glo ‘n “blanko-tjek”-kontrak om met die ANC besigheid te doen in die parlement.
Lees meerAlles vir Sondag 15 Julie 2012
N1 weer oop vir verkeer
‘n Gedeelte van die N1-snelweg tussen Beaufort-Wes en Richmond is weer oop vir verkeer, ná 48 uur se swaar sneeuval.
Goeie nuus: Windplaas word by PE opgerig
‘n Windplaas gaan binnekort naby Port Elizabeth opgerig word om elektrisiteit aan die Nelson Mandela Bay-munisipaliteit te verskaf.
Talle paaie steeds gesluit
Die N1 noord van Beaufort-Wes is steeds gesluit ná swaar sneeuval in die gebied.
Man verloor been ná seekoeibyt
Anthony Swatton van Ezemvelo KZN-wildreservaat is Donderdag by sy huis in St. Lucia deur ‘n seekoei aangeval en gebyt.
Video: Spoorsnyhonde om stropers vas te trek
Spoorsnyhonde wat in Pretoria opgelei is, gaan binnekort landwyd by natuurreservate ontplooi word om renosterstropers vas te trek.
SAL glo die beste
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is vir die 10de keer in soveel jaar deur Skytrax aangewys as die beste lugredery in Afrika.
Krag dalk binnekort skokkend duur
Tariefverhogings wat in ‘n vertroulike Eskom-dokument genoem word, is aan die media uitgelek.
Foto’s: Koue veroorsaak wanorde op die paaie
Swaar reën- en sneeuneerslae het wanorde op die paaie in verskeie dele van die land veroorsaak.