Drie verdagtes is in Kaapstad in hegtenis geneem na onwettige perlemoen ter waarde van R2 miljoen in hul besit gevind is.
Lees meerAlles vir Donderdag 19 Julie 2012
Vermoorde Tshwane-metropolisiebeampte: Grootskaalse soektog van stapel gestuur
‘n Grootskaalse soektog is van stapel gestuur om ʼn groep mans op te spoor wat Donderdagoggend vir Piet van Bekkum, ʼn Tshwane-metropolisiebeampte, by ʼn winkelsentrum in die noorde van Pretoria doodgeskiet het.
Oud-bokser daag nie by hof op nie
Gerrie Coetzee, ʼn voormalige swaargewig bokskampioen, het nie Donderdag in die Kaapstadse landdroshof verskyn nie, omdat hy glo siek is.
Britse doeanebeamptes gaan dag voor Olimpiese Spele staak
Groot ontwrigting vir mense wat die Olimpiese Spele in Londen word voorsien nadat die vakbond wat hulle verteenwoordig het aangekondig het dat hulle op 26 Julie, die dag voor die spele begin, gaan staak.
2 wat ambulansvroue verkrag kry 8 lewenslange vonnisse
Die hooggeregshof in Johannesburg het Donderdag twee mans skuldig bevind wat twee ambulansvroue verkrag het terwyl hulle aan diens was.
Boucher: oogoperasie suksesvol
Mark Boucher, ʼn voormalige paaltjiewagter van die Proteas, het Donderdag weer ʼn operasie aan sy oog ondergaan.
Tshwane-metropolisiebeampte tydens rooftog doodgeskiet
‘n Tshwane-metropolisiebeampte is Donderdag tydens ʼn rooftog by ʼn winkelsentrum in die noorde van Pretoria doodgeskiet.
50 skoolkinders ongedeerd ná busongeluk
Omtrent 50 skoolkinders het ‘n gewisse dood vrygespring ná hul skoolbus se remme Donderdagoggend onklaar geraak het.
Hof gevra om polisie se regstelplan ongeldig te verklaar
Die vakbond Solidariteit het Donderdag stukke by die arbeidshof in Johannesburg ingedien waarin die hof gevra word om die polisie se regstellendeaksie-plan in sy geheel ongeldig te verklaar.
Caster Semenya gaan SA-vlag dra
Caster Semenya is die eer toegestaan om tydens die opening van die Olimpiese Spele, Suid-Afrika se vlag te dra.
Man vas ná valse kaping
ʼn 43-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy ʼn valse kaping by die polisie aangemeld het.
Man kry lewenslank ná verkragtings
ʼn 32-jarige man is tot lewenslange tronkstraf gevonnis ná hy skuldig bevind is dat hy ʼn 8-jarige kind herhaaldelik verkrag het.
Vuishou vir oud-bokser oor valstande
Gerrie Coetzee, ʼn voormalige bokskampioen, verskyn Donderdag in die Kaapstadse landdroshof omdat hy glo ‘n ongeregistreerde kunsgebit-onderneming bedryf het.
Foto’s: ‘Mona Lisa’ se oorskot glo gevind
Meer as 500 jaar na Leonardo da Vinci sy beroemde Mona Lisa geskilder het, is argeoloë nou oortuig dat hulle die oorskot gevind het van die vrou wat as model gesit het.
Nuuskommentaar: Olimpiese Spele en die fnuik van terreur
Vanmiddag vertrek die Suid-Afrikaanse Olimpiese en Paralimpiese spanne na Londen. Die Olimpiese span is vasbeslote om te vergoed vir die medaljeskande van die vorige spele in Beijing, toe slegs een medalje verower is.
Foto’s: Brand by Mr Price Kings Park-stadion
Brandweerspanne is vroeg Donderdagoggend na die Mr Price Kings Park-stadion in Durban, KwaZulu-Natal, ontbied ná ʼn brand hier uitgebreek het.
Meisie (4) kritiek na skoot
ʼn 4-jarige meisie is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat haar oupa se vuurwapen glo per ongeluk afgegaan en ‘n koeël haar in die maag getref het.
Twee in hof na selmoord
Die twee mans wat aangekla word van die moord op Eben Meyer (48) sal vandag om borg aansoek doen.
Saak teen seun na pa sterf in trekker-ongeluk
ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek na ʼn boer van Delareyville in Noordwes Woensdag in ʼn trekker-ongeluk dood is.