Michael van Vuuren, ‘n 12-jarige seun van Pretoria, is steeds in ‘n kritieke toestand in die hospitaal ná hy ernstige brandwonde opgedoen het.
Lees meerAlles vir Dinsdag 24 Julie 2012
Boeremag-verhoor: Bewerings afgemaak
Regter Eben Jordaan het Dinsdag bewerings dat die Boeremag-verdagtes nie ‘n regverdige verhoor ontvang het nie, ontken.
Goeie nuus: 1 000 lewens al op Wes-Kaapse paaie gered
Verkeersbeamptes in die Wes-Kaap het sedert 2009 reeds meer as 1 000 lewens op die paaie gered.
Twee kleuters in swembad aangetref
‘n Kleuter is dood en nog een in ʼn kritieke toestand nadat albei Woensdagmiddag by ʼn huis in Bryanston, Gauteng, in ʼn ysige swembad geval het.
“Bring lyfstraf terug” sê ANC-hoë
Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, sê Suid-Afrika het homself in die voet geskiet deur lyfstraf uit skole te verban. Mantashe het aan die Sowetan…
Vroue vergas byna in karavaan
Twee vroue is in ʼn kritieke toestand nadat hulle in ʼn karavaan in Noordheuwel, Krugersdorp, glo byna vergas het.
Joule sink in SA, elders floreer elektriese motors
Die ontwikkeling van Suid-Afrika se Joule is weens geldgebrek op die ys geplaas, maar in Nederland het die aantal elektriese motors op die paaie in ses maande meer as verdubbel.
Staking in petroleumsektor afgeweer
Die moontlikheid van ’n staking in die petroleumsektor is na meer as drie maande se onderhandelinge afgeweer, het die vakbond Solidariteit vandag gesê.
9-jarige dogtertjie kritiek ná botsing
Twee mense, waaronder ʼn 9-jarige dogtertjie, is Dinsdagoggend kritiek en vier mense ernstig beseer ná ʼn motor en ʼn bakkie op die R21-snelweg gebots het.
‘Batman-skieter’ dalk doodstraf opgelê
Die man wat daarvan verdink word dat hy 12 mense doodgeskiet en 58 gewond het tydens ʼn Batman-première in Colorado, Amerika, het Maandag vir die eerste keer in die hof verskyn.
Rose op iemand se pad strooi
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking: “Rose op iemand se pad strooi”.
Geen behandeling vir kankerpasiënte by staatshospitale
Sommige staatshospitale in Gauteng het glo nie meer kankermedikasie tot hul beskikking nie.
Pelgrimsrus-sakelui veg uitsettings
‘n Groep sakelui van Pelgrimsrus gaan Dinsdag ‘n dringende aansoek by die Pretoriase hooggeregshof indien om hul uitsetting te verhoed. Dié aansoek is teen Dikeledi Mahlangu, provinsiale minister van openbare werke.
Werker ernstig beseer ná vuuroond ontplof
ʼn Werker is Dinsdagoggend ernstig beseer ná ʼn vuuroond by ʼn fabriek in Germiston, Gauteng, ontplof het.
Nuuskommentaar: Munisipale skande – munisipale bestuur nie kaderspeletjies
Slegs 5% van munisipaliteite het skoon ouditverslae in die jaar 2011/2012 ontvang, het die Ouditeur-Generaal Maandag gesê.
Cradock-busramp: Meisie glo van een voertuig na ander geslinger
Terwyl die uitdagende taak van die identifisering van die liggame van Saterdag se noodlottige ongeluk in die Oos-Kaap begin het, het daar gister gruwelike besonderhede aan die lig gekom van hoe ‘n klein meisie se liggaam van een voertuig na die ander geslinger is.
Selmoord: Rassistiese aanmerkings lei glo tot sy dood
Eben Meyer (47) se dood was glo as gevolg van ʼn geveg wat onstaan het weens beweerde rassistiese aanmerkings, het die Belville-streekshof Maandag gehoor.
Seun alleen na rooftog wat gesin uitwis
Die 19-jarige Dewald Coetzee is die enigste oorblywende lid van sy gesin nadat sy pa, Kobus Coetzee (47), gister oorlede is, sewe maande nadat hy sy ma en broer in ʼn rooftog verloor het.
“Ek sal nooit sy gesig vergeet nie”
‘n Vriendin van die vermoorde Louise de Waal (17) het Maandag in trane getuig hoe die moord haar lewe verander het.