Suid-Afrikaners is gevra om eerlik en opreg te wees in hulle handelinge met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) in die 2012 belastingseisoen.
Alles vir die maand Julie 2012
Tienermeisie verkrag, vermoor
Die Oos-Kaapse polisie ondersoek aanklagtes van moord en verkragting na hulle Sondagaand op die liggaam van ʼn tienermeisie afgekom het. Die 17-jarige het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad.
AfriForum vra polisiekommissaris se steun teen plaasmoorde
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het Riah Phiyega, die nuwe nasionale polisiekommissaris, Maandag versoek om hul veldtog teen plaasmoorde te steun.
9-uurlange verkragting: meisie ontsnap én oorleef
Die polisie ondersoek ʼn saak van ‘n 9-uurlange verkragting van ʼn 16-jarige meisie deur ses mans.
Vredefortkoepel dalk status as oudste impakkrater op aarde kwyt
‘n Impakkrater aan die suidweste van Groenland is waarskynlik sowat 3 miljard jaar oud – amper ‘n miljard jaar ouer as die Vredefortkoepel in Suid-Afrika wat nog spook om alles in plek te kry wat sy wêreld-erfenisstatus vereis.
Kaapstadse selfoonwet tree in werking
ʼn Munisipale wet het op 1 Julie in Kaapstad in werking getree wat verkeerspolisie die reg gee om beslag te lê op selfone wat deur motoriste gebruik word.
Zina Rotherham se vermeende aanvaller gesoek
Paul Rotherham, ʼn omroeper by Jacaranda FM, se vrou, Zina, is Saterdag uit die hospitaal ontslaan nadat sy Woensdag twee keer tydens ʼn kapingspoging geskiet is.
Sjimpansee-aanval: Student sterk aan
Die Amerikaanse nagraadse student wat Donderdag by Chimp Eden in Nelspruit deur twee sjimpansees aangeval is, is in ʼn stabiele toestand.
Motorfietsryer sterf op N1
ʼn Man in sy dertigs is omstreeks 07:15 op die N1 in Randburg oorlede.
Nuuskommentaar: Die vis vrot van sy kop af
Waaroor almal dit egter eens is – die politici sal hul sokkies moet optrek om aan die hoë verwagtinge van die kiesers te voldoen. En die bankbase help nie aldag om die nodige vertroue vir herstel te vestig nie.
Vyf mynwerkers sterf in brand
Vyf mynwerkers is Saterdagaand by Gold Fields se Kloof-Driefontein-kompleks (KDC) in Carletonville dood nadat daar ʼn brand uitgebreek het.
Vier sterf in Centurion-ongeluk
Vier mense is dood en twee ernstig beseer na ʼn botsing op die R55 net voor die kruising met Wierdaweg in Centurion.
Brittanje maan besoekers aan SA na ‘verkragting’
Die Britse regering het sy burgers gemaan om uiters versigtig te wees wanneer hulle Suid-Afrika besoek na ʼn 29-jarige Britse vrou glo die naweek in Mpumalanga verkrag is.
Video: Klerksdorp lugskou-ongeluk
WAARSKUWING: DIE VIDEO KAN SENSITIEWE KYKERS ONTSTEL
Satan is die dryfveer van misdade in SA, sê LUR
“Satan is die dryfveer agter sekere misdade in Suid-Afrika,” het Nono Maloyi, LUR vir menslike nedersetting en openbare veiligheid in Noordwes gesê.
Bomdreigement by Mediclinic, Bloemfontein
ʼn Man is Saterdag in hegtenis geneem nadat hy gedreig het om die Mediclinic in Bloemfontein op te blaas.
Video: Rufus, bekende Wimbledon-valk gesteel
Rufus, die valk wat seker maak dat duiwe nie die tennis by Wimbledon beïnvloed nie, is gesteel.
5-jarige verdrink in Parkview, JHB
ʼn 5-jarige seuntjie het Saterdag by sy huis in Parkview, Johannesburg, verdrink.
Klerksdorp lugskou-ongeluk: Vlieënier se naam bekend
Die vlieënier wat Saterdagoggend in ʼn tragiese ongeluk by die lugskou in Klerksdorp gesterf het, se naam is bekend gemaak.
Foto’s en video: 12 dood, miljoene sonder elektrisiteit ná storm in Amerika
Ten minste 12 mense is dood en miljoene sonder elektrisiteit gelaat ná ‘n hewige storm Vrydagaand in Amerika.