Roerende en inspirerende video oor een van ons Paralimpiese atlete, Anruné Liebenberg.
Lees meerAlles vir die maand Augustus 2012
Paralimpiese Spele: Uitslae en vanaand se aksie
Vandag se uitslae en inligting oor atlete wat vanaand aan hul finaal deelneem.
Splinternuwe biblioteek vir Durban
Durban gaan binnekort met ‘n splinternuwe biblioteek van R497 miljoen kan spog.
Rassistiese plakkaat by TUKS
‘n Rassistiese plakkaat by een van die Universiteit van Pretoria (Tuks) se manskoshuise, het ‘n oproer veroorsaak.
“Sondagverkragter” se saak val plat
Twee van die sogenaamde “Sondagverkragter” se alibi’s het Vrydag in die Palm Ridge-landdroshof teen hom getuig wat glo sy verdedigingsaak in skerwe laat spat het.
Polisie kry hope ammunisie in kerkgebou
Die polisie in Vryburg het Donderdag op meer as 5 000 rondtes lewendige ammunisie in ʼn kerkgebou in Schweizer-Reneke, Noordwes beslag gelê.
Hondslagoffer weer reg vir skool
Die 8-jarige meisie wat meer as 1 000 steke moes kry nadat ʼn Duitse Herdershond-reun haar vroeër die maand verskeur het, het goed herstel en is in die week weer terug skool toe.
Maties vra om verskoning vir apartheid
Dagbreek, ʼn manskoshuis van Stellenbosch, aanvaar verantwoordelikheid vir die gebeure van die verlede en vra namens die instansie om verskoning vir dít wat tydens die apartheidsjare gebeur het.
Video: 11-maandeoue tweeling geniet hul pa se musiek
As mense 11 maande oud is, dan is jou pa verseker jou held – en veral indien hy musiek uit ‘n kitaar kan voortbring!
Skoolmeisie steek haarself aan die brand
ʼn Skoolmeisie van Pretoria is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat sy haarself aan die brand gesteek het om sodoende selfmoord te pleeg.
Mulder oor Paul Kruger as grootste Afrikanerleier
In Den Haag is hy amper as ’n soort “mitiese god” ontvang en moes die hoteleienaar op ‘n openbare funksie ’n kennisgewinkie by Kruger plaas met die versoek dat die gaste hom nie moes aanraak nie!
Man slaan katjie dood
‘n 42-jarige man is Donderdag op R1 500 borgtog vrygelaat nadat hy glo ʼn katjie buite sy huis doodgeslaan het.
Gestremde Christen-meisie van godslastering aangekla
‘n Gestremde 16-jarige meisie wat nou al twee weke in ‘n Pakistanse tronk aangehou word weens beweerde godslastering, is deel van ‘n internasionale sameswering om die Islam belaglik voor te stel.
Gru-ongeluk eis vier
Vier mense is dood nadat twee voertuie Vrydag omstreeks 06:10 reg van voor in Gauteng gebots het.
Nuuskommentaar: NuusNou nou nie meer
Dit bly ‘n verleentheid dat Afrikaans nie ‘n behoorlike aktualiteitspublikasie op die rolpers kan hou nie. Afrikaans verdien ‘n behoorlike analise oor wat NuusNou in die hek laat duik het sodat bo alle twyfel vasgestel kan word of daar nie tóg plan gemaak kan word nie.
Paralimpiese Spele: Uitslae, vandag se aksie
Natalie du Toit het gisteraand Suid-Afrika se eerste goue medalje by die Paralimpiese Spele in Londen gewen.
Man kry lewenslank vir moord op vrou
Albert van Vuuren, ʼn drankwinkelbestuurder van Bronkhorstspruit, is Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op sy vrou.
Malema: Moordaanklagtes is “malligheid”
Julius Malema, die geskorste ANC-jeugligaleier, het Donderdag buite die GaRankuwa landdroshof gesê dis “malligheid” dat 270 mynwerkers van moord aangekla word na die geweld by Lonmin se Marikana-myn.
Drie beseer tydens rooftog by winkel
‘n Rower is doodgeskiet en drie mense is beseer na ʼn rooftog by die Pick en Pay in Radiokop, wes van Johannesburg.
Man rand glo metrobeampte aan oor taxibestuurder
ʼn Man is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte aangerand het in Midrand, Gauteng.