Suzaan van Biljon het Donderdagaand by die Olimpiese Spele in Londen aan die borsslag-finaal vir vroue deelgeneem.
Lees meerAlles vir Donderdag 2 Augustus 2012
Vroulike motorfietsryer sterf
‘n Vrou is Donderdag in Polokwane dood ná sy met haar motorfiets in ‘n motor vasgery het.
Skeuring in die Boeremag
Die verenigde front wat die 20 Boeremag-verdagtes eens voorgehou het, het nou tot só mate geskeur dat sommige van die lede nie meer met mekaar praat nie.
Selebi weer ontslaan
Voormalige polisiekommissaris, Jackie Selebi, is Donderdag uit die hospitaal ontslaan, het die departement van korrektiewe dienste gesê.
Boer pleit skuldig aan moord
Piet Swart (57), ‘n boer van Limpopo, het Donderdag in die landdroshof in Groblersdal skuldig gepleit op die moord van ‘n 14-jarige seun.
Meisie op ashoop deur swaarvoertuig doodgery
ʼn 17-jarige meisie is dood nadat sy by ʼn ashoop onder die wiele van ʼn swaarvoertuig beland het.
Selebi in hospitaal opgeneem
Die departement van korrektiewe dienste het Donderdag bevestig dat Jackie Selebi, voormalige polisiehoof, in die hospitaal opgeneem is.
‘n Lewe op mars?
Min ruimteprojekte sedert die eerste maanlanding het die Amerikaners se verbeelding so aangegryp soos hierdie sending, bekend as die Curiosity-sending.
Olimpiese Spele: SA nou 8ste ná roeispan-sege
Suid-Afrika se roeispan het Donderdag ook ʼn goue medalje die land ingepalm.
Euro-web van politiek en skynwinste raak ons ook
Ingrid Scholtz wens die banke kon leer dat hulle die spaargeld van hul kliënte veilig moet bewaar.
Olimpiese Spele 2012: Swemmers blink uit
Chad le Clos het Donderdag sy goeie vorm behou deur die vinnigste semi-finaal kwalifiserende tyd in die 100m-vlinderslag aan te teken.
19-jarige kritiek ná elektriese skok
ʼn 19-jarige man is kritiek beseer nadat hy glo op ʼn onbedekte elektriese draad getrap het terwyl hy saam met sy broer gestap het.
Man en vrou gestenig
Die radikale Ansar Dine, wat in beheer van Timboektoe en groot dele van die noorde van Mali is, het bekend gemaak dat ‘n man en vrou Sondag weens ‘n buite-egtelike verhouding volgens die sharia gestenig is.
Huldeblyke stroom in vir Johan van der Merwe
Huldeblyke stroom in vir die veteraan akteur Johan van der Merwe, wat Dinsdagoggend op ʼn 62-jarige ouderdom oorlede is.
Chad le Clos onttrek van wisselslag
Chad le Clos, die Olimpiese-wenner, gaan nie Donderdagaand aan die 200m-individuele wisselslagitem vir mans deelneem nie, al het hy daarvoor gekwalifiseer.
Nuuskommentaar: Boere en probleme met persepsies van die werklikheid
Max du Preez het die boeregemeenskap geadviseer het om hul beeld te verbeter om die persepsies daarvan te verander. Die strewe moet wees om mense se siening van boere as “gronddiewe” na werkgewers en kosvoorsieners te verander.
Pa ry dogtertjie dood
ʼn Pa van Pretoria het Woensdag sy tweejarige dogtertjie doodgery in die oprit van die woonstelblok waar hulle woon.
12 sterf in gru-ongeluk
Twaalf mense is dood en twee beseer na ʼn gru-ongeluk Donderdagoggend in Vereeniging.
Motoris doodgeslaan na hy vrou, kind omry
ʼn Man het homself Woensdag aan die polisie oorgegee nadat ʼn motoris in Johannesburg doodgeslaan is.
‘Vermiste’ man dood gevind
Erhard Enslin (27) is Saterdagoggend in ‘n motorongeluk oorlede maar sy familie het eers dae later uitgevind dat hy dood is.