Die Tshwane Metro stel mense glo aan ‘n gesondheidsrisiko bloot deur rioolaanlegte nie behoorlik te bestuur nie, het die Demokratiese Alliansie (DA) Vrydag gesê.
Lees meerAlles vir Vrydag 10 Augustus 2012
Soektog na paramedikus hervat
Die soektog na die paramedikus wie se ambulans van ʼn brug in Montagu afgery het, is Vrydag hervat.
Zumaville: Projek in chaos gedompel
ʼn R2-miljard projek, wat beoog om ʼn dorp naby President Jacob Zuma se tuisdorp Nkandla te bou, het sy eerste teenspoed opgetel.
Man swaai uit vir hond, tref bus
Twee mans is beseer nadat ʼn motor tromp-op teen ʼn bus gebots het. Die ongeluk, wat glo deur ʼn hond veroorsaak is, het Vrydagoggend in die noorde van Pretoria plaasgevind.
Baard-moord: Verdagtes nog soek
Die polisie ondersoek nog die voorval waar ʼn Moslem-man na bewering in Magaliesburg deur twee mans doodgeslaan is nadat hulle hom oor sy baard gespot het.
Snelweg sluit weens betogings
Die N2-snelweg naby die Kaapstad Internasionale Lughawe moes Vrydagoggend weens betogings oor dienslewering toegemaak word.
Ma wat kind los om te gaan drink sê jammer
Die ma wat haar vier maande oue baba alleen by die huis gelos het terwyl sy gaan drink het, sê sy is depressief en alkohol help haar om van haar probleme te vergeet.
Nog 7 sterf in KZN-aanval
Die polisie in KwaZulu-Natal het hulle hande vol ná sewe mense tydens ʼn aanval in die gebied vermoor is. Dié slagting volg kort na ʼn aanval oor die naweek waarin vyf mense dood en 17 ander beseer is.
Ma en kind sterf, vier vermis ná visvanguitstappie
ʼn Grootskaalse soektog vir vier mense is naby Plettenbergbaai onderweg nadat ʼn visvanguistappie tragies geëindig het.
Man sterf in brand
ʼn 54-jarige man het doodgebrand nadat sy huis Vrydagoggend afgebrand het. Volgens die Johannesburgse nooddienste het die brand omstreeks 05:00 in Driezek, naby Orange Farm, ontstaan.
Olimpiese Spele: Semenya in die finaal
Hoop om nog ʼn medalje by die Olimpiese Spele in te palm val op Caster Semenya wat Donderdagaand vir die finaal van die 800m-naelope gekwalifiseer het. Semenya het haar uitdunronde met 1:59:42 gewen.
Nuuskommentaar: Internasionale dag vir inheemse groepe
Ook die Afrikaner is die slagoffers van gereelde beskrywings as setlaars, wat daarom ‘n mindere of selfs geen aanspraak het om in die land te wees nie.