Die ANC het Dinsdag gesê hy is hartseer dat ʼn man doodgemaak is weens onverdraagsaamheid.
Lees meerAlles vir Dinsdag 14 Augustus 2012
Nog ‘n liggaam by Lonmin gevind
ʼn Tiende liggaam is Dinsdag by Lonmin se Marikana-myn naby Rustenburg in Noordwes gevind.
Man wat glo metrobeamptes aanrand kry borg
Karen Petrus Coetzer (52), ʼn boer van Ventersdorp, is Dinsdag op borgtog vrygelaat nadat hy glo drie verkeersbeamptes aangerand het.
Boeremag-‘kapelaan’ skuldig aan hoogverraad
Die Boeremag-kapelaan, Gerhardus Visagie (73), is Dinsdag in sy afwesigheid aan hoogverraad skuldig bevind in die hooggeregshof in Pretoria.
Ma en baba dogtertjie doodgery
ʼn Ma en haar 2-jarige dogtertjie is doodgery toe hulle ʼn snelweg wou oorsteek en ʼn voertuig hulle getref het.
Lonmin-geweld: Vakbond vra aksie
Die vakbond Solidariteit het Dinsdag ʼn beroep gedoen op Lonmin om werknemers wat by die geweld by sy Marikana-myn naby Rustenburg betrokke was, af te dank.
Rassegeweld in Griekeland eis eerste lewe
Die vlaag rassegeweld in Griekeland het die eerste sterfte opgelewer toe ‘n 19-jarige Irakees na ‘n aanranding Maandag in die hospitaal oorlede is.
Twee kinders veilig ná gerugte van ontvoering
Twee kinders van Secunda, Mpumalanga, is veilig nadat ʼn boodskap Dinsdagoggend op Twitter rondgestuur is dat hulle by ʼn verkeerslig uit ʼn voertuig “gegryp” is.
Vermiste mans: Liggaam van een dalk gekry
Die polisie vermoed hulle het moontlik op die liggaam van een van die vier vermiste mans afgekom wat verlede Donderdag tydens ʼn visvanguitstappie vermis geraak het.
Mens het 8 000 jaar gelede “vuurhoutjies” gebruik
‘n Nuwe teorie oor wat die doel van klei- en klipartefakte van amper 8 000 jaar oud was, kan nuwe lig werp oor die mens se aanwending van vuur.
AfriForum skenk R100 000 vir Outa se regskoste in e-tolsaak
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het ʼn bedrag van R100 000 aan die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (Outa) geskenk as bydrae tot Outa se regskoste in die hofstryd teen die implementering van die e-tolstelsel op Gautengse hoofweë.
Vyf vas ná moord op boer
Vyf verdagtes, onder wie ʼn 13-jarige seun, is in hegtenis geneem ná die moord op die 70-jarige boer, Owen Charles.
Plaasaanvalle: Presidensie plaas onus op minister
Die presidensie het die burgerregte-organisasie, AfriForum, se pleidooie rondom plaasaanvalle na Nathi Mthethwa, die minister van die polisie, verwys.
Nooddienswerker sterf op pad na noodgeval
ʼn Nooddienswerker is Maandag dood toe hy en ʼn kollega onderweg was na ʼn noodgeval.
Man sterf na botsing teen swaarvoertuig
Een man is dood en ʼn ander ernstig beseer nadat die voertuig waarin hulle gery het Maandag teen ʼn swaarvoertuig in die Vrystaat gebots het.
Nuuskommentaar: Natuurrampe, hulp en harteloosheid
Verskeie mense is reeds dood in die vlae stormweer wat die Wes-Kaap tref. ‘n Boer by Tzaneen het in ‘n veldbrand gesterf. In Iran het meer as 300 mense van ‘n vlaag aardbewings omgekom.
Vrystaat-boer op plaas aangeval
ʼn 61-jarige boer is Maandagaand op sy plaas tussen Ladybrand en Clocolan in die Vrystaat aangeval.
Geweld by myn eis reeds nege
Minstens nege mense is reeds dood in geweld by Lonmin se Marikana-myn naby Rustenburg.
Vrou met hamer doodgeslaan
ʼn Vrou van Edenvale aan die Oos-Rand is Sondag in haar huis met ʼn hamer doodgeslaan terwyl haar man verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek is.