Goeie reënval en warm bergwinde het glo daartoe bygedrae dat die blomme in die Namakwa- Nasionale Park en die Garies-omgewing dié jaar glo die mooiste in jare is.
Lees meerAlles vir Vrydag 17 Augustus 2012
Boeremag-saak: 19 nou skuldig
Vyf beskuldigdes in die Boeremag-saak is Vrydag skuldig bevind dat hulle saamgesweer het om voormalige president Nelson Mandela te vermoor.
Verdrinking: 7-jarige se liggaam gekry
Dale Eastland, die 7-jarige seuntjie wat verdrink het nadat hy Woensdag in ʼn rivier geval het, se liggaam is opgespoor.
Solidariteit gewalg deur Lonmin-geweld
Solidariteit sê die vakbond is gewalg oor die skokkende geweld wat die afgelope week by die Marikana-myn buite Rustenburg gewoed het.
Elke hond kry sy dag
Wie’s baas of wie’s die hond? Dié vraag sal eersdaags in Pretoria beantwoord word wanneer brakke met hul eienaars kan spog, en andersom.
Raskwotas: Veldtog wil SAL se vlerke knip
Die vakbond Solidariteit het ʼn openbare veldtog teen die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) van stapel gestuur nadat dit aan die lig gekom het dat daar ʼn absolute verbod op aansoeke van wit mans vir die lugredery se kadetprogram is.
Zuma besoek Lonmin-bloedbad
President Jacob Zuma het ʼn buitelandse besoek kortgeknip om Rustenburg te besoek
Wikileaks-baas kry asiel
Ecuador het bekend gemaak dat dié land politieke asiel aan die voortvlugtige Australiër, Julian Assange, toegestaan het.
Babastoeltjies wêreldwyd herroep
Meer as vier miljoen Bumbo-babastoeljies word wêreldwyd teruggeroep omdat dit glo onveilig is.
Lonmin-geweld: Dodetal styg tot 36
Die National Union of Mineworkers (NUM) het Vrydag bekend gemaak dat die dodetal ná Donderdagmiddag se skietery by Lonmin se Marikana-myn naby Rustenburg tot 36 gestyg het.
15 beseer in botsing
Vyftien mense is beseer nadat ʼn taxi Donderdagaand in Sunninghill, Johannesburg, gebots het.
Nuuskommentaar: Lonmin – Alles wat blink is nie platinum nie, maar ruik na Sharpeville
Kort nadat die voormalige VN-menseregtehoof, Mary Robinson, in Kaapstad by die Nelson Mandela-gedenklesing ‘n “Winde van Verandering”-toespraak lewer, skiet die polisie by die Lonminmyn op ‘n groep betogers, waarin 25 mense sover dood is.
Die Geskiedenis van die Tweede Afrikaanse Beweging
Die sterkste teenkanting teen Afrikaans het van kerklike kringe gekom, waarskynlik omdat daar onder die teologiese professore op Stellenbosch nie ‘n enkele voorstander van die invoering van die moedertaal in die Kerk was nie. Tog gaan die Vrystaatse en Transvaalse Sinodes reeds in 1916 daartoe oor om Afrikaans as kanseltaal goed te keur, terwyl Natal en Kaapland in 1919 hulle voorbeeld volg.
TUT-kampusse gesluit weens geweld
Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) het Donderdag verskeie van sy kampusse gesluit weens gewelddadige protesoptogte deur studente.
Ondersoek geëis na Lonmin-skietery
Politieke partye en georganiseerde arbeid het gevra vir ʼn dringende ondersoek na die skietery by Lonmin se Marikana-myn buite Rustenburg waarin minstens 18 mynwerkers na bewering doodgeskiet is.
Polisie verdedig gewelddadige optrede by Lonmin
Die departement van gesondheid in Noordwes het Vrydagoggend ʼn voorlopige dodetal bekendgemaak na gister se skietery by Lonmin se Marikana-myn naby Rustenburg.