Drie vermeende lede van ʼn bloulig-bende is Dinsdag in Heidelberg in hegtenis geneem.
Lees meerAlles vir Dinsdag 21 Augustus 2012
Solidariteit: ‘Bruines welkom by DKD, maar nie in Wes-Kaap’
Die arbeidshof in Kaapstad het Dinsdag gehoor dat die departement van korrektiewe dienste (DKD) weier om ʼn finansiële klerk tot senior staatsrekenmeester te bevorder omdat hy bruin is.
‘Ek is nie ‘n moordenaar’
Albert van Vuuren, ʼn drankwinkelbestuurder van Bronkhorstspruit, is Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind aan die moord op sy vrou.
Sewe sterf, 13 beseer in gru-ongeluk
Ses skoolkinders en een volwassene is Dinsdagmiddag dood nadat die bakkie waarin hulle gery omgeslaan het op die R617 tussen Bulwer en Underberg in KwaZulu-Natal.
Baard-moord: Verdagtes hoor Woensdag oor borg
Twee verdagtes wat daarvan verdink word dat hulle ʼn Moslem-man doodgeslaan het, gaan na verwagting Woensdag hoor of hulle borgtog toegestaan gaan word.
Twee vas vir moord op 71-jarige
Twee mans is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hulle glo Maandag die 71-jarige John Radford in Kirkwood, Oos-Kaap, met ʼn klip doodgeslaan het.
Griekwastad-moorde: Familielid vas
‘n Minderjarige familielid is glo Dinsdagmiddag in hegtenis geneem vir die moorde op ʼn Griekwastad-gesin.
Vals gerugte het Bloemfonteiners op hol
Die polisie het Dinsdag gerugte ontken dat ʼn groep betogers onderweg is om woonbuurte in Bloemfontein, Vrystaat, in te vaar en te beskadig.
Wêreld in ‘n neutedop
Bom eis baie in Turkye. Japannese joernalis sterf in Sirië. Ethiopiese premier sterf.
Vermiste mans: Nog ʼn liggaam gekry
Die polisie het Dinsdag bevestig dat hulle op nog ʼn liggaam afgekom het van een van die vermiste mans wat tydens ʼn visvanguitstappie op Vrouedag vermis geraak het.
Snoeshaan
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die interessante Afrikaanse woord “snoeshaan”
Renosterstropery in hande van georganiseerde misdaad
Die groot omvang van renosterstropery in Suid-Arika is nou in die hande van georganiseerde misdaadsindikate wat ook met dwelms, diamante en mense smokkel,
BraaiBoy vuur en vlam vir wêreldrekord
Binne twee dae skop ʼn marathon-braai in Pretoria af, wat gaan poog om die huidige Guinness-wêreldrekord vir die langste braai te verpletter.
Lonmin-geweld: Malema en leiers kla polisie aan
Julius Malema, voormalige president van die ANC-jeugliga, gaan Dinsdag werkers van Lonmin se Marikana-myn vergesel om klagtes teen die polisie in te dien.
Vier jong mans se dood ʼn terugslag vir bendegeweld
Die dood van vier jong mans in Ravensmead, Kaapstad, is ʼn terugslag vir pogings om dreigende bendegeweld in die gebied hok te slaan.
Nuuskommentaar: Om nommer een te wees
Vanoggend lui baie koerante se banieropskrifte dat Suid-Afrika nommer een in die wêreld is. Suid-Afrika het dit bitter nodig…
Zuma kos SA glo miljoene
President Jacob Zuma kan die belastingbetaler glo meer as R500 miljoen kos oor vyf jaar.
Lasbrief uitgereik vir Mandela-kleinseun
ʼn Lasbrief vir die inhegtenisname van Mandla Mandela, kleinseun van oudpresident Nelson Mandela, is Maandag uitgereik.
1Time-vliegtuig het wéér enjinprobleme
Die passasiervliegtuig van die lugredery 1Time wat vroeër die maand ʼn noodlanding by die King Shaka internasionale lughawe in Durban moes uitvoer weens enjinprobleme, het Maandag weer dieselfde probleem gehad.
“Sondagverkragter” het glo patroon gevolg
Daar was ʼn duidelike patroon in die aanvalle van die sogenaamde “Sondagverkragter”, het die ondersoekbeampte Maandag in die in die hooggeregshof, wat in die Palm Ridge-landdroshof in Thokoza aan die Oos-Rand sit, getuig.