Al vyf houers wat van ʼn Sjinese skip naby die Oos-Kaapse kus oorboord gespoel het, is opgespoor en sal Saterdag herwin word.
Alles vir die maand Augustus 2012
“Batmans” beroof bioskope
Twee bioskope in die Meksikaanse stad Chihuahua wat die nuwe Batmanrolprent, The Dark Knight Rises, vertoon, is Sondag deur gewapende rowers wat soos Batman vermom was beroof.
Nuuskommentaar: Te veel mag en die kuns van yster en satyn
Indiese politici wat terselfdertyd sakelui is wat die ekonomie van hul deelstaat beheer het pas veroorsaak dat sowat 600 miljoen inwoners van Indië letterlik in die duister gelaat is.
Skierlik-skieter ‘kry nie spesiale behandeling’
Johan Nel, wat tot vier keer lewenslange tronkstraf gevonnis is weens die moord op vier mense, kry nie spesiale behandeling in die tronk nie.
Cliff skotvry ná klag
Die 5FM-aanbieder Gareth Cliff het skotvry daarvan afgekom nadat hy ’n vrou ’n “bitch” genoem het tydens sy ontbytprogram.
“Ek moet saamwerk anders sal hy my verkrag”
Vier van Johannes Jacobus Steyn, of die sogenaamde “Sondagverkragter”, se vermeende slagoffers het Dinsdag in die hooggeregshof, wat in die Palm Ridge-landdroshof in Thokoza aan die Oos-Rand sit, getuig
SA swem tweede goue medalje los
Chad le Clos het gisteraand Suid-Afrika se tweede goue medalje by die Olimpiese Spele gewen in die 200 m-vlinderslag in ’n blitstyd van 1 minuut en 52.95 sekondes.