Stakende Lonmin-mynwerkers dreig om Woensdag ʼn massa optog te hou in ʼn poging om die mynbestuurders te dwing om hul salariseise ernstig op te neem.
Lees meerAlles vir Dinsdag 4 September 2012
Paralimpiese Spele: Opwindende Dinsdagaand verwag
Suid-Afrika staan tans 23ste op die medaljeranglys van die Paralimpiese Spele in Londen en sal na verwagting later Dinsdagaand opskuif met vier sportsterre wat in finale gaan deelneem.
Vrou sterf in PTA-kettingbotsing
ʼn Vrou is dood en vyf ander mense is beseer na ʼn kettingbotsing Dinsdagmiddag op die N1-deurpad in die noorde van Pretoria.
Woolworths moet poste vir alle rasgroepe oopstel, sê Solidariteit
olidariteit het Dinsdag in ʼn brief aan Woolworths geëis dat die groep advertensies van poste, wat uitsluitlik vir “swart Afrikane” of slegs “Afrikane, kleurlinge en Indiërs” oop is, wysig sodat mense van alle rasgroepe daarvoor oorweeg sal word.
Fredi Nest in hospitaal ná hartaanval
ʼn Gewilde Afrikaanse sanger is in ‘n Pretoriase hospitaal opgeneem nadat hy Maandag twee hartaanvalle gekry het.
Wildboere koop buffelbul vir R26 miljoen
ʼn Buffelbul is Saterdag vir R26 miljoen verkoop, wat dit die duurste wilde dier maak wat nog in die land verkoop is.
Stop die Moorde: Publiek gevra om aan minister te skryf
Die publiek word aangemoedig om briewe aan die minister van polisie, Nathi Mthethwa, te skryf om te versoek dat plaasmoorde tot prioriteitsmisdaad verklaar word.
Gastehuiseienaar se dood glo nie ongeluk
Die polisie in die Wes-Kaap ondersoek die moontlikheid dat Christa Ross, ʼn gastehuiseienaar van Heuningkloof in Kleinmond, vermoor is nadat daar aanvanklik aangevoer is dat sy verdrink het.
Video: Sondela-veldbrand saai verwoesting
‘n Weghol veldbrand het Saterdagmiddag die dood van ʼn bejaarde egpaar veroorsaak en groot skade aangerig by die Sondela-natuurreservaat buite Warmbad.
Motoriste stroom na vulstasies
Vulstasies regoor die land word oorval met motoriste wat wil volmaak voor die petrolprys vanaand om middernag die hoogte inskiet.
Paralimpiese Spele: Vandag se aksie
Talle Suid-Afrikaners gaan vandag sake op die atletiekbaan en in die swembad by die Paralimpiese Spele in Londen uitspook.
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Die staat gaan glo appelleer teen die borguitspraak van die tienerseun wat verdink word van die moorde op die Steenkamp-gesin.
Hollywood-ster sterf
Michael Clarke Duncan is Maandag in Los Angeles op ʼn ouderdom van 54 dood, twee maande ná hy ʼn erge hartaanval gehad het.
Nuuskommentaar: Dubula iBhunu (Skiet die boer)
Hoe kan ‘n regerende party die reg wil opeis om haatspraak teenoor ‘n minderheid te pleeg, terwyl die wêreld op die oomblik juis besonder gevoelig is oor minderheidsregte en wêreldwyd stappe geneem word om die regte van minderhede te bevorder?
Ouers kan eiendomme verloor oor skoolfonds
Die ouers van ʼn leerling aan Pretoria Boys’ High kan moontlik twee van hul eiendomme verloor nadat hulle glo geweier het om sy uitstaande skoolfonds te betaal.
Griekwastad-moorde: Gʼn skool vir verdagte
Die tienerseun wat verdink word van die moorde op die Steenkamp-gesin is op borgtog vrygelaat maar mag nie teruggaan skool toe nie.
Wenner ontsteld oor Oscar se uitlatings
Die gouemedaljewenner in die 200m (klas T43-44), Alan Oliveira, sê hy was ontsteld nadat hy Oscar Pistorius sê uitlatings gehoor het oor sy prostese.
Paralimpiese Spele: Nog twee medaljes vir SA
Suid-Afrika het gister nog twee medaljes ingepalm by die Paralimpiese Spele in Londen.