Swaar weer het Donderdag die dood van vier mense in twee afsonderlike ongelukkig op die N4-deurpad naby Middelburg, Mpumalanga, veroorsaak.
Lees meerAlles vir Donderdag 6 September 2012
Solidariteit daag Woolworths uit om sy regstel-beleid in arbeidshof te toets
Solidariteit het Woolworths vandag in ’n brief uitgedaag om sy beleid van absolute verteenwoordiging op grond van die land se rassedemografie in die arbeidshof te verdedig.
Krugersdorpse skoolmeisie wat doodgeskiet is, se naam bekend
Die 13-jarige skoolmeisie van Krugersdorp wat Woensdagaand doodgeskiet is, se naam is bekend gemaak.
Vrou vas ná sy kinders sonder kos los
‘n Vrou is vandag in hegtenis geneem nadat sy haar drie kinders alleen en sonder kos by die huis gelos het.
SA-tennisster oorleef groot aardbewing
‘n Aardbewing van 7,6 op die momentmagnitudeskaal het Woensdag aan die kus van Costa Rica voorgekom, en verskeie huise en ‘n brug het inmekaar gestort. Rik de Voest, die Suid-Afrikaanse tennisster, en sy vrou was daar op vakansie en het die voorval oorleef.
Weerburo: Vyf provinsies moet voorbereid wees op swaar weer
Die Suid-Afrikaanse Weerburo het Donderdagmiddag waarskuwings vir swaar weer in vyf van die land se provinsies uitgereik. Die Oos-Kaap moet regmaak vir swaar neerslae, baie…
Vrydag is Loslitdag
Loslitdag is ‘n prettige en maklike manier om jou ondersteuning aan persone met gestremdhede te toon.
Woolworths in Rustenburg loop deur
Die Woolworths in Rustenburg was glo ʼn teiken van ‘n protesaksie nadat ʼn beroep op sosiale netwerke gedoen is om waentjies “vol kruideniersware en kos te maak en dit dan net so op die vloer te laat”.
Honde veilig ná kapingsdrama
Bridget Shelley (60) van Alverstone, noord van Durban, is met haar twee honde herenig nadat hulle Dinsdag saam met haar voertuig gekaap is.
Krugersdorp-skoolmeisie sterf tydens rooftog
ʼn 13-jarige skoolmeisie van Krugersdorp is dood, en haar suster en pa ernstig gewond nadat hulle Woensdagaand by hul huis op ‘n hoewe in Muldersdrift aangeval en geskiet is. Die twee meisies is albei leerlinge aan Hoërskool Monument.
Paralimpiese Spele: Oscar vanaand in 100m-finaal
ʼn Hoogtepunt om na uit te sien, is wanneer Oscar Pistorius om 22:24 op die atletiekbaan gaan uitdraf vir die 100m T44-finaal.
Vredesooreenkoms by Lonmin onderteken
Alle rolspelers, behalwe twee partye, wat by mynwerkers van die Lonmin Platinum se Marikana-myn naby Rustenburg se loononderhandelings betrokke is, het Donderdag in die vroeë oggendure ʼn vredesooreenkoms onderteken.
Video: Vyf mans, een klavier
Die Piano Guys het die wêreld gaande met dié video, waar vyf mans op een vleuelklavier musiek maak.
Stormwinde veroorsaak amok op Mpumalanga-paaie
Drie mense is Woensdag ernstig beseer in twee afsonderlike ongelukke nadat bestuurders beheer oor hul voertuie verloor het weens sterk winde in Mpumalanga.
Nuuskommentaar: Geld wat stom is … Woolies in die spervuur
Volgens die jongste Bloomberg-indeks het Woolworths se aandeelprys met meer as drie persent geval sedert die rasstorm oor sy aanstellingsbeleid losgebars het.
Boer en seun wat plaaswerker glo doodskok, vandag weer in hof
Mathys Cloete (69) en Danie (34), sy seun, wat Maandag glo ’n plaaswerker met motorkabels doodgeskok en ʼn ander werker erg aangerand het, verskyn Donderdag weer in die hof wanneer hul borgaasoek voortgesit word.
Boer vermoor, vrou skuil in badkamer
ʼn 58-jarige boer is gisteroggend op sy hoewe buite Brits in Noordwes vermoor.
Klip in gesig, man kry borg
‘n Vrystaatse betoger wat na bewering vir Isabel Hugo (67) met ʼn klip in die gesig gegooi het tydens ʼn betoging in Clocolan in die Vrystaat, is gister op borgtog vrygelaat.
Paralimpiese Spele: Goud vir mans aflosspan
Suid-Afrika se mans 4x100m-aflosspan (T43-44) het gisteraand die land se 17de medalje gewen in ʼn wêreldrekordtyd by die Paralimpiese Spele in Londen.