ʼn Bejaarde vrou en twee kinders is Vrydagmiddag van ʼn eiland in die Tugela-rivier gered, nadat hulle deur vloedwater vasgekeer was.
Lees meerAlles vir Vrydag 7 September 2012
Aanvang van Lonmin-onderhandelinge aangekondig
Die vakbond Solidariteit het die fasiliteerders van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) se aankondiging dat die onderhandelinge rakende Lonmin-werkers Maandag om 12:00 ʼn aanvang sal neem, verwelkom.
Honde byt 6-jarige kind dood
ʼn Sesjarige kind is Vrydagmiddag in Limpopo deur hul gesinshonde doodgebyt.
Musiekonderwyseres in Ermelo vermoor
Annamarie Birke, ʼn 41-jarige musiekonderwyseres van Hoërskool Ermelo, is Vrydagoggend in haar huis in Ermelo, Mpumalanga, vermoor.
Video: Die Wonderwerker: ʼn MOET sien!
Met koue en nat weerstoestande wat oor groot dele van die land dié naweek verwag word, kan jy in jou naaste bioskoop vir die koue gaan wegkruip. Katinka Heyns se Die Wonderwerker, die storie van Eugène Marais, het Vrydag landswyd begin draai.
‘Fracking’ skokkende besluit oor hidroliese breking – AfriForum
AfriForum is geskok deur die kabinetsbesluit om die moratorium op hidroliese breking, bekend as ‘fracking,’ op te hef om vir skaliegas in die Karoo te prospekteer.
Hervormde Kerk reageer op ammunisie in kerk
Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika het in sy jongste nuusbrief reageer op die ammunisie wat onder ‘n valdeur agter die preekstoel van die Hervormde Kerk in Schweizer-Reneke, Noordwes, gevind is.
Hooggeregshof wys Motata aansoek van die hand
Die Noord-Gautengse hooggeregshof het uitspraak gelewer in die omstrede regter Nkola Motata se aansoek om toegelaat te word om weer as regter op te tree hangende die dissiplinêre proses van die Regterlike Dienskommissie wat nog onderweg is.
Spele-aksie amper verby
Met nog net drie dae se Paralimpiese Spele-opwinding oor, kan mens nie bekostig om ʼn oomblik daarvan te mis nie.
Skoonheidsalon staan in ligte laaie
ʼn Brandende skoonheidsalon in Pretoria se middestad het Vrydagoggend hewige verkeersopeenhopings veroorsaak.
Swaar weer: Motoriste moet versigtig wees
Met nóg nat en koue weer op pad, het verkeersowerhede motoriste gemaan om versigtig te wees nadat weersomstandighede Donderdag die dood van vier mense in Mpumalanga veroorsaak het.
Nuuskommentaar: Loslitdag en Woolies se rasdebakel
Vandag is loslitdag. In die rasdebakel wat rondom Woolworths se aanstellingsbeleid losgebars het, is byna vergeet dat die wet en sy uitleg wat die omstredenheid veroorsaak het, ook voorsiening maak vir mense met gestremdhede.
Nóg nat en koue weer verwag
Swaar reënval en baie koue weer word vandag oor sekere dele van die land verwag.
Drie vas na moord op seun (8)
Drie mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 8-jarige seun en ʼn aanval op ʼn vrou in Kaapstad.
Plaaswerker kry glo epileptiese aanval
Die twee boere van Vryburg wat aangekla word van die moord op ʼn plaaswerker, het gister in die hof aangevoer dat hy epileptiese aanval gekry het.
Paralimpiese Spele: Nog vier medaljes vir SA
Suid-Afrika se atlete het gister nog vier medaljes ingepalm by die Paralimpiese Spele in Londen.