ʼn Vrou van Centurion is Maandagaand in hegtenis geneem nadat sy teen meer as 200 km/h gery het met haar baba in die motor.
Lees meerAlles vir Maandag 10 September 2012
‘As ek plekke met hom kon ruil, sou ek’
Johan van der Walt (42), ʼn voormalige veiligheidswag, het Maandag in die hooggeregshof in Pretoria getuig dat indien hy kon, hy plekke sou ruil met ʼn 9-jarige seun wat hy vyf jaar gelede doodgeskiet het.
Konstabel brand glo los op kollegas na ongeluk
ʼn Vrystaatse polisiebeampte wat glo op sy mede-beamptes losgebrand het nadat hulle hom in hegtenis probeer neem het op ʼn ongelukstoneel, het Maandag in die Harrismith-landdroshof verskyn.
Zuma: ‘Dienslewering in SA is uitsonderlik’
President Jacob Zuma sê Suid-Afrika het in 18 jaar baie meer uitgerig in terme van dienslewering as enige ander land in Afrika.
Man gered van Lonmin-betogers
ʼn Man is Maandagmiddag van stakende werkers by Lonmin se Marikana-myn buite Rustenburg gered danksy flink optrede van die polisie.
Fredi Nest sterk aan
Die sanger Fredi Nest sterk aan in ʼn Pretoriase hospitaal nadat hy verlede week Maandagoggend twee hartaanvalle gehad het.
Duo kraai koning by gesogte klassiekemusiekkompetisie
Die US Percussion Duo is Saterdagaand in Stellenbosch aangewys as die algehele wenner van ATKV-Muziq, ʼn gesogte nasionale instrumentale klassiekemusiekkompetisie.
‘n Teenvoeter vir enige taktiek
Polla Roux bespreek die afgelope naweek se rugby.
Rivonia-skoolhoof voor dissiplinêre verhoor gesleep
Carol Drysdale, die hoof van Laerskool Rivonia, word Dinsdag deur die departement van onderwys voor ʼn dissiplinêre verhoor gedaag nadat sy verlede jaar ʼn swart skoolleerling op ‘n waglys geplaas het.
AfriForum ondersoek Limpopo-premier
Vrae hang oor die kop van Limpopose premier, Cassel Mathale, en of die regte tender prosedures gevolg is met die toekenning van huurkontrakte van drie staatsinstellings.
Drie vas na moord op “heks”
Drie mense is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn vrou, wat hulle as ʼn heks aangesien het, doodgemaak het.
Liewe Heksie vs. Haas Das
Profiele: Liewe Heksie Haas Das
Laurika Rauch vs. Mimi Coertse
Profiele: Laurika Rauch Mimi Coertse
Riaan Cruywagen vs. Steve Hofmeyr
Profiele: Riaan Cruywagen Steve Hofmeyr
MER vs CJ Langenhoven
Profiele: MER CJ Langenhoven
Paul Kruger vs. Koos de la Rey
Profiele: Paul Kruger Koos de la Rey
Woolworths pak-en-spaander-aksies neem toe
Die protesaksie op sosiale media waar verskeie groepe mense versoek het om, as deel van die boikot teen Woolworths, waentjies te pak en dan te spaander, het oor die naweek toegeneem.
Rede vir onbeskermde staking by Lonmin vandag bekend – Solidariteit
Die vakbond Solidariteit sê daar sal uiteindelik vandag uitsluitsel verkry word oor of die onbeskermde staking en gepaardgaande geweld by Lonmin se Marikana-myn oor rotsbooroperateurs se lone spruit.
“Geliefde” boer en vrou vermoor
Johan Fourie (71) en sy vrou, Cecile (72), is Sondag op hul plaas Knoppe, naby Trompsburg, aangeval en vermoor.
Nuuskommentaar: Is skaliegas-ontginning ‘n fracking skande?
Skaliegas: Goed of sleg? Eiertjies word mildelik gelê, ook deur baie mense wat duidelik nie die vaagste benul het waaroor dit gaan nie.