‘n Sesjarige dogtertjie van Bloemfontein het Donderdag erg verbrand toe hul huurhuis in Bloemfontein afgebrand het.
Lees meerAlles vir Donderdag 13 September 2012
Drie sterf toe vliegtuig in KZN neerstort
Drie mense is dood toe hul ligte vliegtuig naby Nagle-dam buite Cato Ridge in KwaZulu-Natal neergestort het.
“Afskaffing van doodstraf was ‘n fout,” meen strafregkenner
Prof Carel Snyman, afgetrede dosen in strafreg aan Unisa, meen die afskaffing van die doodstraf het “katastrofiese gevolge” tot gevolg gehad.
Sekuriteitswagte by metropolisiehoof se huis geskiet
Twee sekuriteitswagte is Woensdag by die hoof van die metropolisie in Durban se huis geskiet.
Geen sekstonele meer vir JHB-akteur nie
‘n Deeltydse akteur van Johannesburg sal nie meer in enige sekstonele hoef te verskyn nie, alhoewel die hooggeregshof in Pretoria hom Donderdag aangesê het om terug te keer werk toe.
Goeie nuus: Pippie gaan huis toe!
Die 3-jarige Pippie Kruger is gereed om uit Netcare se rehabilitasiehospitaal ontslaan te word ná 10 weke se fisio- en arbeidsterapie, het dokters Donderdag bevestig.
Oupa kry 25 jaar na hy sy kleinkind verkrag
‘n Man is Donderdag 25 jaar tronkstraf opgelê nadat hy sy kleindogter verkrag het, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.
Krugersdorp-moord: Verdagtes vrygelaat
Die vyf mans wat vir die moord op die 13-jarige Alyssa Botha van Hoërskool Monument in Krugersdorp, in hegtenis geneem is, is weer op vrye voet.
Ek droom van ‘n droom
Elke persoon behoort een keer in hulle lewe ʼn ware verhaal soos dié van Elsje Neethling Blair te lees.
Ses vas ná plaasaanval
Ses mans is in hegtenis geneem skaars 24uur nadat hulle ʼn boer, Rudolf Meyer (53), op sy plaas in KwaZulu-Natal aangeval het.
Polisie vang 8 met R60 miljoen se dwelms
Ses mans van Nigerië en twee Suid-Afrikaanse vroue is in hegtenis geneem nadat dwelms met ʼn straatwaarde van sowat R60 miljoen in hul besit gevind is.
Kommissie vir Billike Indiensneming interpreteer eie verslag verkeerd – Solidariteit
Die vakbond Solidariteit het Donderdag sy misnoeë daaroor uitgespreek dat die departement van arbeid se Kommissie vir Billike Indiensneming in sy jongste verslag foute herhaal wat die vakbond al voorheen uitgewys het.
Nederlandse verkiesings
Ingrid Scholtz neem die Nederlandse verkiesings onder die loep.
Adam Small kry Hertzogprys
Adam Small, die bekende digter en dramaturg, is Woensdagaand in Stellenbosch met die Hertzogprys vir drama vereer.
Twee sterf in ondergrondse ontploffing by Harmony-myn
Twee mynwerkers is dood en twee beseer na ʼn ondergrondse ontploffing by ʼn Harmony Gold-myn in die Vrystaat.
Video: Man oorleef ná hy 26 uur in vishouer dobber
‘n Jong visserman wat 26 uur in ‘n plastiese vishouer rondgedobber het voor hy gered is, is Woensdag aan die kus van Alaska uit die see gered ná sy boot gesink het.
Nog ʼn skoolkind doodgery
Nog ʼn skoolkind is Donderdagoggend doodgery nadat hy op pad skooltoe ʼn deurpad wou oorsteek.
Honderde werkers brand dood
ʼn Brand het Woensdag in ʼn fabriek uitgebreek en nagenoeg 300 lewens geëis.
Kaapstad kap bordele
Owerhede van die stad Kaapstad het in die week op bordele toegeslaan en tot dusver drie bordele se deure gesluit.
Nuuskommentaar: Malema ‘n martelaar of pion?
As vasgestel kan word wie Julius Malema, veroordeelde haatspraakpleger en geskorste ANC-jeugligaleier finansier, sal daar al heelwat lig gewerp kan word op wat agter die ANC-skerms broei. Maar hét iemand dalk dié wilde perd as pion opgesaal?