Die voog van die 16-jarige seun, wat verdink word van die moorde op die Steenkamp-gesin van Griekwastad, het buite die hof met die verdagte se hoërskool geskik.
Lees meerAlles vir Woensdag 19 September 2012
Sondagverkragter: “Ek weet God sal my vergewe”
Johannes Jacobus Steyn, of die sogenaamde ‘Sondagverkragter’, sê hy het nagte om gehuil en gebid in sy tronksel en weet dat God hom sal vergewe.
Vyf vas wat glo 13-jarige verkrag
Vyf mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn 13-jarige meisie om die beurt verkrag het in Mafikeng in Noordwes.
Kaboel-bomontploffing: Name van alle oorledenes bekend
Die name van al agt Suid-Afrikaners wat gisteroggend in ’n selfmoordbomaanval in Kaboel, Afganistan, dood is, is bekendgemaak.
Rasuitsluiting by poste draai in hof
Die hofsaak volg op die herrie op sosiale media nadat Woolworths, soos die SANB, ook poste vir sekere rasse gereserveer het.
Sondagverkragter gevonnis
Johannes Steyn, wat skuldig bevind is aan moord en verkragting, is Woensdag in die Palm Ridge-hooggeregshof, in die Oos-Rand, gevonnis.
Vermeende rowers op Potch-pad ingewag
ʼn Vermeende rower is Woensdag in Potchefstroom, Noordwes, in hegtenis geneem ná ʼn wilde jaagtog met die polisie in ʼn botsing geëindig het.
Video: 102-jarige ry nog met haar 80-jarige motortjie rond
Die 102-jarige Margaret Dunning van Plymouth, Michigan, ry nog steeds met ʼn motor wat sy in 1949 aangeskaf het.
Appèlhof lewer môre uitspraak oor Zimbabwe se grondvergrype
Indien Zimbabwe se appèl suksesvol afgeweer kan word, sal daar vir die eerste maal in die internasionale regsgeskiedenis voortgegaan word met die geregtelike verkoping van ’n eiendom van ’n staat wat hom aan menseregtevergrype skuldig maak.
Helikopter stort neer
ʼn Helikopter het Woensdag omstreeks 12:00 by die Randse lughawe naby die N3-deurpad neergestort.
Knyp of betaal
Werkers van ʼn fabriek in Kaapstad sê dit is stank vir dank dat daar glo geld van hul salarisse afgetrek word as hulle vir langer as 12 minute badkamer toe gaan.
Was Jesus dalk getroud?
Die debat oor of Jesus getroud was sal na verwagting weer opvlam nadat ‘n Amerikaanse navorser ‘n antieke stukkie papirus getoon waarin Jesus glo na sy eggenote verwys.
Zille pak bendeprobleem
Helen Zille, die Wes-Kaapse premier, het Dinsdag bevestig die wiel is aan die rol om gespesialiseerde polisie-eenhede weer op die been te bring.
Middelburg-moord het dorp op hol
Johannes Jacobus (Jan) du Toit (68) en sy vrou, Marietjie (65), is Dinsdagoggend in die vroeë oggendure in hul huis in Louis Bothastraat in Middelburg, Mpumalanga, glo deur twee inbrekers aangeval.
Nuuskommentaar: Moslemgeweld vergiet SA-bloed
Moslemgeweld: Die jongste voorval is die verspreiding op YouTube van ‘n bedenklike filmpie, Innocence of Muslims. Dit is hierdie film wat ook in verband gebring word met die dood van die agt Suid-Afrikaners.
Kaboel-bomaanval: Name van drie SA oorledenes bekend
Die name van drie van die agt Suid-Afrikaners wat gisteroggend in ’n selfmoordbomaanval in Kaboel, Afganistan, dood is, is tot dusver bekend.
Malema se lewe glo in gevaar
Die geskorste ANC-jeugligaleier, Julius Malema, beweer sy lewe is in gevaar weens ʼn sameswering deur president Jacob Zuma en verskeie ministers.
Solidariteit verwelkom Lonmin-skikking, waarsku oor presedent wat geskep is
Die vakbond Solidariteit het die skikking tussen stakende werknemers en Lonmin se bestuur verwelkom, maar gewaarsku dat dit ’n gevaarlike presedent skep en dat onwettige optrede om loonverhogings af te dwing in die toekoms by ander myne kan voorkom.