‘n Tuinier van Thailand het gesterf kort nadat hy, onder die invloed van alkohol, ‘n lewendige duisendpoot ingesluk het.
Lees meerAlles vir Donderdag 20 September 2012
Orgidee na Zuma vernoem
‘n Orgidee is na president Jacob Zuma vernoem.
Bejaarde vrou dood in huis gekry
Die liggaam van ʼn bejaarde vrou is Donderdag in haar huis in die Oos-Kaap aangetref.
6 200 myners afgedank
Ten minste 6 200 myners het hul werk in die mynbedryf verloor weens die onlangse stakings, het die National Union of Mineworkers (NUM) Donderdag gesê.
Zuma ontplooi soldate na Marikana
President Jacob Zum het ontplooiing van soldate van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) na Marikana in Noordwes goedgekeur.
Drie in hof oor Trompsburg-plaasmoord
Drie mans het Donderdag in die landdroshof verskyn in verband met die moord op Johan en Cecile Fourie.
Mpumalanga-polisieman in hof oor diefstal
‘n Polisiebeampte van Mpumalangawat daarvan aangekla word dat hy ‘n selfoon, wat as getuienis sou dien, gesteel het, is Donderdag op borgtog vrygelaat.
Repokoers bly onveranderd
Die repokoers sal onveranderd op 5% bly, het Gill Marcus, president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) Donderdag gesê.
Loch Ness-monster se “oupa” ontdek
Die skelet van ‘n dertien meter lange seereptiel is in ‘n kalkgroef in Nederland ontdek.
Drie kry lewenslank vir moord op boer
Drie mans is Donderdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op die druiwerboer van Stellenbosch.
Video: Akro-brak op ‘n trampolien
Mudd die Bulhond het omtrent blits-sterstatus op YouTube verwerf nadat hy afgeneem is waar hy akrobatiese toertjies op ʼn trampolien uitvoer.
Solidariteit-verslag: Malema kán vervolg word
“Daar kan geen twyfel wees dat Malema die bedoeling gehad het om met sy woorde die skare te beïnvloed om ’n ‘rewolusie’ te begin en om die myne ‘onregeerbaar’ te maak nie,” sê vakbond.
AfriForum vra publiek om nie vir e-tol te registreer nie
Die burgerregte-organisasie AfriForum het in reaksie op die grondwethof se opheffing van die interdik teen die implementering van e-tol, ʼn beroep op motoriste gedoen om steeds nie vir e-tol te registreer nie.
Video: Hondesmokkel ondersoek
ʼn Polisie-taakspan is op die been gebring om ʼn sindikaat te beveg wat honde in Suid-Afrika steel en na buurlande toe smokkel.
Petrolprysstyging: wat om te verwag
Hoewel vandag se uitspraak oor die e-tolstelsel soos ʼn donker wolk oor motoriste se koppe hang, is daar ʼn silwer randjie wat die petrolprys aangaan.
Misdaadsyfer daal; plaasmoordsyfers verswyg
Mthethwa het gesê plaasmoorde se syfers is van die algemene statistiek uitgesluit en dat die meeste voorvalle as gevolg van loondispute plaasgevind het.
Plaasaanval: Skrywer Chris Barnard aangerand
Chris Barnard, die bekroonde skrywer, is Woensdagaand op sy plaas naby Nelspruit, Mpumalanga, aangeval.
Zim-appèl van hand gewys
Die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein het pas ’n appèl van die Zimbabwiese regering, wat daarop gemik was om die geregtelike verkoping van ʼn eiendom te stuit, met koste van die hand gewys het.
Dagmoeder in hof ná sy glo babas slaan
ʼn Dagmoeder wat verlede jaar glo twee babas, Keylaene-Maré Schreiber en Divan Myburgh, by ʼn kleuterskool in Pretoria aangerand het, het Woensdag in die Pretoria-streekhof verskyn.
Pendelaar sterf onder trein
‘n Man in sy dertigs is Woensdagaand deur ʼn trein doodgetrap.