ʼn Fotograaf wat die aandag daarop gevestig het dat The Citizen ʼn digitaal gemanipuleerde foto van die selfmoordbomaanval in Kaboel, Afganistan op sy voorblad geplaas het, is met onmiddellike effek afgedank.
Lees meerAlles vir Donderdag 27 September 2012
Mthembu: ‘Here help ons as Malema president word’
Die sogenaamde Ekonomiese Vryheidsvegters (EV) het die ANC se woordvoerder Jackson Mthembu as ʼn dronkaard bestempel na aanleiding van ʼn onderhoud waarin hy die geskorste ANC-jeugligaleier Julius Malema gekritiseer het.
Standard Bank ontken afleggings
Standard Bank het ontken dat hy beplan om honderde werknemers in sy IT-afdeling af te lê.
Vrou met byl doodgekap
‘n 32-jarige vrou van Brits in die Noordwes-provinsie is met ‘n byl vermoor.
Vrou glo vir twee weke aangehou, verkrag
Die polisie in KwaZulu-Natal is op soek na vier mans wat glo ʼn vrou ontvoer, vir twee weke aangehou en herhaaldelik verkrag het en nog ʼn vrou doodgeskiet het.
Presidensiële debat in Amerika voor die deur
Vandeesweek is die laaste week van die verkiesingsveldtogte in Amerika voor die belangrike regstreekse debatte tussen president Barack Obama en sy Republikeinse teenstander, Mitt Romney, volgende week begin.
Motoris brand dood ná botsing
ʼn Motoris is Donderdag onherkenbaar verbrand nadat sy voertuig teen ʼn boom gebots het.
45 vas vir hoofweg-chaos
Die polisie het 45 verdagtes in hegtenis geneem nadat stakende swaarvoertuigbestuurders Donderdag amok op Johannesburgse paaie gemaak het.
Drie vas vir Sanders-moord
Drie mans van Zimbabwe is Donderdag in hegtenis geneem in verband met die moord op Corrie Sanders.
Man wat Ghaddafi uit pyp trek sterf
Die jong man wat wêreldbekend geword het toe TV-kameras gewys het hoe hy die voortvlugtige Libiese diktator, Muammar Ghaddafi, uit ‘n pyp getrek het, het In Frankryk aan sy wonde beswyk.
Chaos op R21-hoofweg
ʼn Gedeelte van die R21-deurpad in die Oos-Rand, moes Donderdagoggend omstreeks 10:30 gesluit word nadat stakende swaarvoertuigbestuurders gewelddadig geraak het
Video: Speelgoedtreintjie besoek die ruimte
Wat doen mens as jou 4-jarige seuntjie daarvan droom om sy gunsteling speelgoedtreintjie ruimte toe te stuur?
Die Grootste Afrikaner gaan Aardklop toe!
Die Grootste Afrikaner van Alle Tye se volledige program tydens die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees
Planne vir Pelgrimsrus
Die burgerregte-organisasie AfriForum sê verskeie staatsdepartemente die stryd aan om Pelgrimsrus as ʼn nasionale erfenisterrein te laat verklaar.
Kind ontvoer vir muti
ʼn 4-jarige seuntjie is veilig by die huis nadat hy deur vier mans ontvoer is wat glo sy liggaamsdele vir muti wou verkoop.
Is die skeidsregter getoets vir kleurblindheid?
Is die skeidsregter getoets vir kleurblindheid? Om in ʼn losgemaal te onderskei tussen ligblou en wit strepe teenoor poublou en wit strepe was vir my verwarrend en ek kan julle verseker dat ek glad nie kleurblind is nie. Nadat die truie van die Griekwas vervang is, het dit ietwat beter gegaan…
Die sanger Andy Williams sterf
Die sanger wat bekend geword het vir sy weergawes van onder meer Moon River en Can’t Take my Eyes off You is oorlede
Nuuskommentaar: Plaasmoorde, volksmoord en jou vriende
‘n Lid van die Europese parlement, Philip Claeys, het pas sanksies teen Suid-Afrika gevra om druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om plaasmoorde hok te slaan. ‘n Regeringswoordvoerder het minagtend daarop reageer.
Duisende polisievuurwapens vermis
Nathi Mthethwa, minister van polisie, het bekendgemaak dat meer as ʼn duisend polisievuurwapens sedert die begin van verlede jaar vermis of verlore geraak het.
Seun (12) glo gedwing om vriend te verkrag
ʼn 42-jarige man wat daarvan verdink word dat hy twee seuns verkrag het, het Woensdag in die Schweizer-Reneke-landdroshof verskyn.