Die polisie van Noordwes het Donderdag vyf verdagtes in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ʼn renosterhoring.
Alles vir die maand September 2012
Voortvlugtige in Mosambiek vasgetrek
ʼn Gevaarlike krimineel, wat vir ʼn jaar lank soek was, is weer agter tralies nadat die polisie hom Woensdag in Mosambiek aangekeer het.
Grootste Afrikaner van Alle Tye: Top tien spook dit uit
Dit is Steve teen Riaan en Liewe Heksie gee vir Haas Das opdraande, terwyl Generaal Koos de la Rey sy moses teen Paul Kruger teenkom.
Spoelklippies op Mars gevind
Curiosity, Nasa se mobiele verkenninglaboratorium wat onlangs op Mars neergelaat is, het spoelklippies in die oorblyfsels van ‘n ou stroompie gekry.
SAL raadslede loop een vir een
Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, het Vrydag gesê hy is deur die media ingelig dat agt raadslede van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) bedank het.
Vliegramp eis 19
Altesaam 19 mense is dood nadat ʼn passasiersvliegtuig Vrydag neergestort het.
Afrikaans en sy Nederlandse bande
Ek het op Donderdag 23 Augustus namens die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns die Akademie se Erepenning vir Kultuurbevordering aan dr Harry Brinkman oorhandig. Oor die jare het hy hom bemoei met die versterking van kulturele bande tussen SA en die Lae Lande. Dit was dus ʼn voorreg om die geleentheid te kom bywoon in die huis van die Zuid-Afrikaanse Instituut in die Keizersgracht 141 in Amsterdam.
Nuuskommentaar: Myn-Armageddon tot lorrie-aborsie
Die Marikana-skietery het die fokus goed op arbeidskrisis in die mynsektor geplaas, terwyl talle motoriste nou verontrief word deur die staking deur vragmotorbestuurders, en waarskuwings reeds uitgereik is dat brandstoftekorte kan ontstaan.
AfriForum gereed om Zimbabwe-appèl in grondwethof te verdedig
AfriForum se regspan is gereed om die regering van Zimbabwe se beplande appèl, na die grondwethof, oor die registrasie van ’n bevinding van die SAOG-tribunaal te opponeer.
Driejarige kry breinchirurgie na hy van bakkie val
Reiner le Roux (3) het Donderdagaand breinchirurgie ondergaan nadat hy vroeër die week in Mosambiek van sy pa se bakkie geval en op sy kop beland het.
‘Vat grond van wittes’, MRK ondersoek
Die Mensregtekommissie (MRK) sê hy sal Phatekile Holomisa, voorsitter van die kongres vir tradisionele leiers (Contralesa), ondersoek nadat hy glo gesê het dat Suid-Afrikaners grond van wittes moet terugeis.
Fotograaf afgedank oor gemanipuleerde foto van Kaboel-bomaanval
ʼn Fotograaf wat die aandag daarop gevestig het dat The Citizen ʼn digitaal gemanipuleerde foto van die selfmoordbomaanval in Kaboel, Afganistan op sy voorblad geplaas het, is met onmiddellike effek afgedank.
Mthembu: ‘Here help ons as Malema president word’
Die sogenaamde Ekonomiese Vryheidsvegters (EV) het die ANC se woordvoerder Jackson Mthembu as ʼn dronkaard bestempel na aanleiding van ʼn onderhoud waarin hy die geskorste ANC-jeugligaleier Julius Malema gekritiseer het.
Standard Bank ontken afleggings
Standard Bank het ontken dat hy beplan om honderde werknemers in sy IT-afdeling af te lê.
Vrou met byl doodgekap
‘n 32-jarige vrou van Brits in die Noordwes-provinsie is met ‘n byl vermoor.
Vrou glo vir twee weke aangehou, verkrag
Die polisie in KwaZulu-Natal is op soek na vier mans wat glo ʼn vrou ontvoer, vir twee weke aangehou en herhaaldelik verkrag het en nog ʼn vrou doodgeskiet het.
Presidensiële debat in Amerika voor die deur
Vandeesweek is die laaste week van die verkiesingsveldtogte in Amerika voor die belangrike regstreekse debatte tussen president Barack Obama en sy Republikeinse teenstander, Mitt Romney, volgende week begin.
Motoris brand dood ná botsing
ʼn Motoris is Donderdag onherkenbaar verbrand nadat sy voertuig teen ʼn boom gebots het.
45 vas vir hoofweg-chaos
Die polisie het 45 verdagtes in hegtenis geneem nadat stakende swaarvoertuigbestuurders Donderdag amok op Johannesburgse paaie gemaak het.
Drie vas vir Sanders-moord
Drie mans van Zimbabwe is Donderdag in hegtenis geneem in verband met die moord op Corrie Sanders.