Die liggaam van ʼn man, wie vermoedelik deur stakende werkers van Anglo Platinum vermoor is, is naby Rustenburg in Noordwes gevind.
Lees meerAlles vir Dinsdag 2 Oktober 2012
Spoedvraat kry groot boete
ʼn Man is Dinsdag in die Scottburgh-landdroshof in KwaZulu-Natal ʼn boete van R25 000 opgelê nadat hy verlede maand teen amper dubbel die wettige spoedgrens vasgetrek is.
Man gemartel en vermoor
Barry Newland (56) is met ʼn strykyster gebrand voor hy met ʼn plastieksak versmoor is in sy huis in Cloverdene, Benoni.
Zuma-huis: ‘Opgraderings is nodig’
“Sy bestaan daag die idee uit van wat dit beteken om swart en middelklas te wees in Suid-Afrika, en hulle sal enige geleentheid gebruik om hom aan te val.”
Agtienjarige met haelgeweer geskiet
Mervin Jordaan (18) van Boksburg is Sondag glo uit weerwraak met ʼn haelgeweer doodgeskiet.
Vakansiegangers ‘n maklike teiken
Vakansiegangers wat plekke rondom Bela-Bela (Warmbad) besoek, word gemaan om veilig en paraat te wees.
Video: Corrie Sanders se begrafnis
Honderde mense het Maandag by die NG kerk Wonderpark in Akasia byeengekom om eer aan Corrie Sanders te betoon.
Hofbevel dwing munisipaliteit om dienste te lewer
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag in die Noord-Gautengse Hooggeregshof ’n dringende bevel teen die Vhembe-distriksmunisipaliteit verkry om hulle te dwing om water aan die inwoners van Louis Trichardt (Makhado) te voorsien.
Mynwerkers maak glo amok in Noordwes
Die Noordwes-polisie ondersoek sake van opsetlike saakbeskadiging en brandstigting wat moontlik verband hou met die huidige mynwerkersstaking by Anglo Platinum se myn.
Skep moed
‘n Gedig deur Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum
Boer deur eie varke verslind
‘n Boer van Oregon in die VSA wat sy varke gaan kos gee het, was toe self op die varke se spyskaart.
Malema haatspraak appèl binnekort aangehoor
Die appèl van Julius Malema en die ANC teen die beslissing van regter Colin Lamont in die gelykheidshof, dat die omstrede struggle-lied, “Dubula iBhunu” (Skiet die Boer) haatspraak is, gaan op 1 November in die googste hof van appèl in Bloemfontein aangehoor word.
Sangoma verkrag vrou
ʼn Sangoma is Dinsdagoggend in hegtenis geneem nadat hy glo een van sy pasiënte verkrag het.
Vragmotorstaking: Vermy JHB-middestad
Die Johannesburgse metropolisie waarsku motoriste om die middestad te vermy waar duisende stakende vragmotorbestuurders vandag aan ʼn optog gaan deelneem.
Hooggeregshof toe oor water
Die burgerregte-organisasie, AfriForum se regspan is vandag in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria om die hof te vra vir ʼn dringende interdik om die Vhembe-distriksmunisipaliteit in Limpopo te dwing om aan sy inwoners water te voorsien.
Nuuskommentaar: Foutlyne in die demokrasie
Daar is merkwaardig baie ooreenkomste tussen die ANC se leierskapstryd wat in Desember afloop, en die Amerikaanse presidentsverkiesing wat in November plaasvind.
Sanders-moord: Verdagte ook van plaasmoord aangekla
Een van die mans wat verdink word van die moord op die bokslegende Corrie Sanders word ook van ʼn plaasmoord in die Brits-omgewing aangekla.
Dwelmvonnis van minister se eksvrou verswaar
Sheryl Cwele, eksvrou van Siyabonga Cwele, minister van staatsveiligheid, se vonnis weens dwelmhandel is gister in die appèlhof verswaar.