Tien van die bekendste Suid-Afrikaners wat in die Helde-akker in die Pretoria-kerkhof hul laaste rusplek gevind het, se grafte sal binnekort silwerskoon wees en vars blomme kry.
Lees meerAlles vir Donderdag 4 Oktober 2012
Video: Belhar-belydenis takel apartheid
Kraal Uitgewers se nuwe boek, Belhar geweeg, is pas by Aardklop bekend gestel en sal na verwagting die grootste debat tot op hede in die NG Kerk inlui.
Man sterf in Pretoria
Een persoon is dood nadat ʼn taxi vandag op die N14 in Gauteng gerol het.
Geweld duur voort in Rustenburg
Rustenburgse polisie ondersoek nog ʼn aanklagte van brandstigting en opsetlike saakbeskadiging nadat ʼn opleidingsentrum in die vroeë oggendure afgebrand is.
Sweedse koning boos oor naakskildery
Die Sweedse koningshuis is ontstoke oor die publikasie van ‘n skildery in ‘n tydskrif wat uitbeeld hoe die koning pizza van ‘n naakte vrou se lyf af eet.
Mynstaking gee goud glans
Die goudprys het vandag tot sy hoogste vlak die afgelope jaar gestyg.
Pretoria en Johannesburg sonder krag
Groot gedeeltes van Pretoria en Johannesburg is sonder krag na die hoof-elektrisiteitstoevoer na dié stede onderbreek is.
Obama verloor eerste debat
Kenners is dit bykans een dat die Republikeine se presidentskandidaat, Mitt Romney, die beste daarvan afgekom het in gisteraand se eerste regstreekse debat teen pres. Barack Obama.
Cwele tronk toe
Sheryl Cwele, wat skuldig bevind is aan dwelmhandel, het haar by die KwaZulu-Natalse hooggeregshof in Pietermaritzburg aangemeld om haar 20-jaar gevangenisstraf te begin uitdien.
Turkse artillerie dood Siriese soldate
Die Siriese burgeroorlog het ‘n nuwe fase bereik na Turkse artillerie ‘n onbekende aantal soldate van die Siriese weermag in ‘n weerwraakaanval doodgemaak het.
Trio moor, braai en maak kerrie van slagoffer
Drie mans is in hegtenis geneem nadat hulle ʼn man vermoor, opgekap, gebraai en kerrie van sy liggaam gemaak het.
Vrou skiet rower dood
ʼn Vrou het Dinsdag ʼn rower in haar huis doodgeskiet nadat sy deur twee mans aangeval is.
Teen R5,63/minuut bied die Bokke eindelik waarde vir geld
In die voorlaaste wedstryd van die kampioenskapsreeks kom die Bokke met die tipe spel vorendag waarna al sy ondersteuners smag. Wat lagwekkend was, is die kommentaar van ons kaptein wat so ewe droog opmerk dat hulle nie die spelpatroon verander het nie, maar dit slegs beter uitgevoer het.
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Die Staat gaan vandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof appelleer teen die borguitspraak van die tienerseun wat verdink word van die moorde op die Steenkamp-gesin.
Twee polisiemanne geskiet
Twee polisiebeamptes is Woensdagaand in Johannesburg se middestad geskiet.
Nuuskommentaar: Tshwane, Pretoria en kulturele vandalisme
“Die verandering van Pretoria se naam sal gesien word as ʼn daad van kulturele vandalisme wat vyandskap en polarisasie sal meebring tussen die owerheid en ʼn groot deel van die stad se inwoners.”
Nico Henning se eiendomme wéér deursoek
ʼn Geheime vergadering met ʼn joernalis het glo daartoe gelei dat die polisie vir ʼn tweede keer op Nico Henning, eksman van die vermoorde Chanelle Henning (26), se eiendomme toegeslaan het.
SA man in Thailand vermoor
Die Suid-Afrikaner Oswald Heinrich Duvel se liggaam is Sondag langs ʼn graf in Bangkok, Thailand gevind.
Vrou ure na kaping in kattebak aangehou
Dorothy Carlyle (59) van Durban is erg aangerand en was ure lank in haar motor se kattebak toegesluit nadat sy gekaap is.