‘n Man van Duitsland het sy motor twee jaar later opgespoor nadat hy vergeet het waar hy die voertuig parkeer het.
Lees meerAlles vir Maandag 15 Oktober 2012
Video: Nuwe selfverdedigingswapen
Deon en Riaan Coetzee, twee broers van Centurion, het ‘n nuwe selfverdedigingswapen ontwerp.
Vyf mans verkrag glo 19-jarige
Drie mans is in Port Elizabeth in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ‘n 19-jarige vrou.
Spoedvrate elk met R20 000 beboet
Twee mans is elk R20 000 beboet nadat hulle die spoedgrens in KwaZulu-Natal die afgelope naweek verbreek het.
Kind ná ʼn jaar veilig opgespoor
ʼn Vrou van die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat sy glo ʼn jaar gelede ʼn babatjie in Gauteng ontvoer het. Die kind is ongedeerd.
Werkers selde beter daaraan toe ná stakings
Dit is onwaarskynlik dat onredelike lae lone die bron van die arbeidsonrus in die mynbousektor is, het die vakbond Solidariteit vandag tydens die vrystelling van sy kwartaallikse Arbeidsmarkrapport gesê.
Susters slaan man glo dood
Twee vroue is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn man doodgeslaan het.
Ouers vra gebed vir siek dogtertjie voor troue
Die 1-jarige Chloe Laney is ʼn dapper vegtertjie wat die grootste deel van haar kort lewe tot dusver in hospitale moes deurbring.
Bejaarde sterf ná aanval op plaas
Fanie Olckers, ʼn 86-jarige plaasopsigter van Mpumalanga wat onlangs tydens ʼn familiebyeenkoms aangerand is, het Saterdagoggend in die hospital aan sy beserings beswyk.
Vier sterf in gru-botsing
Vier mense is dood en vyf ernstig beseer nadat drie voertuie Sondag in Kaapstad gebots het.
Man vas vir moord op metropolisiebeampte
ʼn 18-jarige verdagte is in hegtenis geneem nadat hy glo Woensdag ʼn Kaapstadse metropolisiebeampte doodgeskiet het.
Man kritiek na hy amper verdrink
ʼn Man veg vir sy lewe nadat hy Sondagmiddag amper in die see verdrink het.
24-jarige vrou sterf
ʼn 24-jarige vrou is dood nadat haar voertuig Sondag op die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp gerol het.
Nuuskommentaar: Kul jou hier, kul jou daar se gekierang vir Mangaung
In die jongste uitgawe van die Mail & Guardian verskyn ‘n berig waarin ANC-lede in Mpumalanga beweer takke wat pres. Jacob Zuma steun se lidmaatskapsyfers is op bedrieglike wyse aangedik.
Renosterkarkasse in Noordwes gevind
Twee renosterkarkasse is Sondag by die Shingalana-leeu-en-renosterreservaat buite Hartbeesfontein in Noordwes gevind.
‘Ontvoerde’ seuntjie se lyk in veld gekry
ʼn Vyfjarige seun, wat glo deur sy stiefpa ontvoer is, se liggaam is in ʼn veld naby Brits in Noordwes gevind.
Houtbaai-seeramp: Oorledenes bekend
Die Britse toeris wat Saterdag dood is nadat ʼn plesierboot naby Houtbaai omgeslaan het, se naam is bekend gemaak.
Video: Waaghals laat rekords spat met ruimte-vryval
Die wêreld het Sondagaand in vrees en verwondering gekyk hoe Felix Baumgartner, die Oostenrykse waaghals, uit die ruimte gevryval het.