Twee liefdesdriehoeke het Woensdag in Soweto tot een man se dood gelei en twee ander persone het halfnaak in ‘n polisiestasie opgedaag.
Lees meerAlles vir Woensdag 17 Oktober 2012
Student verdrink in Kaapstad
ʼn Student het Woensdag by Clifton-strand in Kaapstad verdrink.
Siek bejaarde opgeneem, sterf met wond aan kop
Jeanette Johnson (84) is in ʼn hospitaal in Watervalboven, Mpumalanga dood met ʼn snywond aan haar kop nadat sy aanvanklik opgeneem is na sy begin braak het.
Eskom-werknemer doodgeskok
ʼn Werknemer van Eskom is doodgeskok en nog ʼn werknemer het brandwonde opgedoen terwyl hulle aan ʼn kragkabel in Ventersdorp, Noordwes gewerk het.
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Die 16-jarige seun wat beskuldig word van die moord op die Steenkamp-gesin van Griekwastad sal volgende maand weet of hy moontlik weer agter tralies gaan wees.
Man wat Jan Taks wou omkoop kry tronkstraf
ʼn Man is tronkstraf opgelê nadat hy ʼn belastingbeampte van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) wou omkoop en hierna met die dood gedreig het.
Feeste op soustrein terwyl mense kwyn
Die DA het bekend gemaak dat verskeie regeringsdepartemente R5 miljard oor die afgelope finansiële jaar op vermaak, spyseniering en vervoer spandeer het.
Openbare beskermer gaan Zumaville ondersoek
Die openbare beskermer het aan AfriForum bevestig dat president Jacob Zuma se beweerde magsmisbruik met betrekking tot die Umlalazi Smart Growth Centre (beter bekend as Zumaville), ondersoek sal word.
Wêreld vier Internasionale Dag vir die Uitwissing van Armoede
“Miljoene mense ontvang die een of ander maatskaplike toelaag. Die skep van ’n welsynstaat bied nie ’n langtermynoplossing vir armoede nie,” sê welsynsorganisasie.
Die ernstige deel van die Curriebeker begin nou
Polla Roux bespreek die afgelope naweek se rugby.
Die grootste geskenk
Teksvers: Luk. 7: 15: “Die dooie het regop gaan sit en begin praat. En Jesus het hom aan sy ma teruggegee.”
Kleuter tuimel na haar dood
ʼn Tweejarige kleuter is Dinsdag dood nadat sy van die derde verdieping van ʼn woonstelblok in Johannesburg geval het.
Meeste jongmense kies Pretoria bo Tshwane
Omtrent drie uit vyf jong Suid-Afrikaners is van mening dat Pretoria se naam nie na Tshwane moet verander nie.
Gekaapte pa waarsku ander
Leon van Rensburg (52), wat verlede week vir ure vermis was ná hy gekaap is, het ʼn waarskuwing aan ander motoriste gerig om te alle tye paraat te wees.
Obama kry neus voor in debat
Na ‘n lustelose pres. Barack Obama in die eerste van drie debatte met sy Republikeinse teenstander, Mitt Romney, ‘n liederlike drag slae op die lyf geloop het, was die aandag gisteraand skerp op die tweede debat.
Video: Gholfavonturier pak nuwe rekord vir renosters
Heinrich du Preez , ʼn gholfavonturier van Pretoria wat al onder andere op een dag gholf in al nege provinsies gespeel het, gaan nou ‘n nuwe rekordpoging aandurf.
Polisieman met panga gekap
ʼn Polisiebeampte is Dinsdag met ʼn panga aangeval nadat hy oproerige stakende mynwerkers uit mekaar uit wou jaag.
Staking by Toyota
Werkers by Toyota se Boshoku-aanleg in Durban gaan van Woensdag af begin staak.
Man sterf terwyl hy wiel omruil
ʼn Man is Dinsdagaand in Pretoria doodgery toe hy glo afgetrek het om ʼn pap wiel op ʼn deurpad om te ruil.
Twee plaaswerkers sterf in ongeluk
Twee plaaswerkers is Dinsdag dood nadat die swaarvoertuig waarin hulle gery het teen ʼn brug gebots het.