Paule-Henry Botha (43), wat vroeër die maand as vermis aangemeld is, het glo ʼn treinkaartjie gekoop vir die Shosholoza Meyl.
Lees meerAlles vir Donderdag 18 Oktober 2012
Oud-SA bankier pleeg selfmoord in Londen
Nico Lambrechts (46), ʼn Suid-Afrikaans gebore bankier, wat in Londen gewerk het, het selfmoord gepleeg deur van ʼn gebou af te spring.
Twee vas na moord op sakeman
Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op John Fraser, ʼn sakeman van Kuruman, wat in Julie vanjaar doodgeskiet is.
Lewenslank vir moord op polisieman
ʼn Man is lewenslank tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die moord op ʼn polisiebeampte.
Hasie in ʼn japtrap vir siek kind opgespoor
Die gesinstydskrif Huisgenoot se versoek om ʼn speelgoedhasie vir ʼn siek kind op te spoor, is skaars ʼn uur nadat dit op Facebook publiseer is, volbring.
Gekaapte pa weer vermis; lasbrief uitgereik
ʼn Lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisname van Leon van Rensburg (52), wat verlede week vir ure vermis was ná hy glo gekaap is.
Hier is die goedkoopste en duurste banke
Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se jaarlikse Bankkosteverslag wat hierdie kwartaal bekend gemaak is, het goeie nuus vir verbruikers gebring.
PTA-leerling doodgesteek oor potlood
ʼn 16-jarige leerling is by ʼn skool in Pretoria doodgesteek ná ʼn beweerde onderonsie oor ʼn potlood.
Video: Só spring jy 15m hoog van ‘n waterwurm af
Devin Graham, ʼn rolprentmaker, het onlangs die Bullfrog Marina by die Powell-meer in Utah, Amerika, besoek om advertensiemateriaal vir ʼn nuwe kamera te verfilm.
Kaapse student wat verdrink se naam bekend
Michael Gresak, ʼn 23-jarige student van Wynberg in Kaapstad, se naam is bekend gemaak nadat hy Woensdagmiddag tydens ʼn uitstappie saam ander studente by Clifton se vierde strand verdrink het.
Kaapstad-polisieman in intensiewesorg-eenheid opgeneem
Kevin Rodgers, ‘n polisiebeampte van Kaapstad is in ‘n stabiele, maar ernstige toestand, nadat hy Dinsdagaand in die maag geskiet is.
Brand by Shoprite in Potchefstroom
‘n Brand het vanoggend by die Riverwalk-winkelsentrum in Potchefstroom uitgebreek.
Vetsug ‘n al groter probleem
‘n Mediesefondsskema het Woensdag gesê dat talle oorgewig Suid-Afrikaners in ontkenning leef oor hul gesondheidstoestand.
Motorfietsryer van Pietermaritzburg sterf
ʼn Motorfietsryer is Donderdagoggend in ʼn botsing in Pietermaritzburg dood.
Sekuriteitsvoertuig by myn aan die brand gesteek
Stakende mynwerkers van Anglo Gold se Itireleng- en Mzomhle-myne naby Orkney het Woensdag in die vroeë oggendure glo ʼn sekuriteitsvoertuig aan die brand gesteek.
Nuuskommentaar: Vreetsame soustrein
Terwyl die wêreld gister Internasionale dag vir die Uitwissing van Armoede gevier het, het die bedrag geld wat die Suid-Afrikaanse regering glo jaarliks aan spyseniering spandeer – R5 miljard – opslae gemaak.
Plofstof en vuurwapens: Verdagte op borg vrygelaat
Brian Negus (57) van Hillcrest wat glo met ‘n verskeidenheid plofstof, vuurwapens en ammunisie gevang is, is Woensdag op borgtog vrygelaat.
Video: Klein katjies leer fisika
As jy gedink het dat klein katjies net speel, dan het jy nog nie dié video gesien nie.
13-jaaroue moord: Verdagtes “te gevaarlik” om vry te laat
‘n Regter in die Suid-Gautengse hooggeregshof het Woensdag bevind dat drie van die ses mans wat in verband met die moord op Betty Ketani in hegtenis geneem is, “te gevaarlik” is om op borg vrygelaat te word.