Dit gebeur nie gereeld nie, maar ‘n motorwasser van Brasilië het by sy eie begrafnis opgedaag.
Lees meerAlles vir Dinsdag 23 Oktober 2012
Staking by poskantoor in Pretoria
Posverspreiding in en rondom Pretoria word weens ‘n onwettige staking deur poskantoorwerkers beïnvloed.
Drie pleit onskuldig op bejaarde PTA-vrou se moord
‘n Sekuriteitswag en twee ander mans het Dinsdag ontken dat hulle ‘n bejaarde vrou van Duitsland twee jaar gelede in haar huis in die ooste van Pretoria vermoor het.
Lewenslank vir reeksverkragter
Dudu Simelane, ‘n reeksverkragter van Hammanskraal, is Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria lewenslange tronkstraf opgelê.
Man laat spaander sonder sy kinders toe hy polisie sien
‘n Man is Dinsdag in Grahamstad in hegtenis geneem vir die besit van dagga en Mandrax-tablette.
Video: Tyd vir jong kankerleiertjie loop uit
‘n Kleuter van Roodepoort wat drie weke gelede met breinselkanker gediagnoseer is, kan nét in Houston in Amerika behandel word.
41 dwergkees-hondjies van kant gemaak
Die DBV van Vereeniging moes Maandag 41 dwergkees (toypom)-hondjies van kant maak nadat hulle van ʼn agterplaasteler gekonfiskeer is.
Kapers los kind langs pad
ʼn Vyfjarige dogtertjie van Pretoria is weer veilig in die arms van haar ma nadat hulle vir 45 minute lank ná ʼn kaping geskei was.
Nuuskommentaar: Stakings en geweld – Kry sosialisme vastrap?
Die bitter aanval van Cosatu se Zwelinzima Vavi op die Democratic Socialist Movement het waarskynlik meer daarvoor gesorg dat dié relatief nuwe rolspeler onder die vergrootglas beland het as wat die bestaan daarvan self kon vermag.
Landdros vang baba by hof
Pearl Andrews, ʼn landdros van Kaapstad, het Maandag, buiten haar gewone take, ook gehelp om ʼn babatjie in die wêreld te bring.
Video: Heldeakker word opgekikker
Quentin Meyer, ‘n eiendomsagent van Pretoria, het dit sy verantwoordelikheid gemaak om self om te sien na sommige van Suid-Afrika se geskiedkundige grafte.
“Gekaapte pa” opgespoor
Leon van Rensburg (52), wat voorverlede week vir ure vermis was nadat hy glo gekaap is, is in Kaapstad opgespoor.
Kaapse sakeman wreed vermoor
Alexander Otten, ʼn 53-jarige beleggingsbestuurder van Kaapstad, is oor die naweek dood aangetref in sy vakansiehuis naby Velddrif.
Debat bevestig noue fokus van VSA-verkiesing
Jaco Kleynhans berig oor die verkiesings tans in Amerika.
Nando’s spot met Valke-woordvoerder se Vaseline-tweet
Nando’s, wat bekend is vir hul omstrede advertensieveldtogte, het pas ʼn nuwe veldtog van stapel gestuur wat die draak steek met McIntosh Polela, die Valke se woordvoerder.
Twee beseer in fietsongeluk
Twee fietsryers is ernstig beseer nadat hulle Dinsdagoggend in KwaZulu-Natal in mekaar vasgery het.
Nuuskommentaar: Is Eskom se 16%-verhoging aanvaarbaar?
Gaan jy van April 2013 tot April 2015 elke jaar 16% meer moet opdok as Eskom sy sin met tariefverhogings kry? Die kort antwoord is: Nee – dit kan heelwat meer of minder as 16% wees.
Polisieman skiet inbreker dood
‘n Polisiebeampte het Dinsdagoggend ʼn man doodgeskiet nadat hy by sy huis probeer inbreek het in Florida, Johannesburg.
Engen ontken dat hy nie vulstasies aan wittes verkoop
Die brandstofverskaffer Engen het gerugte dat “geen Engen-vulstasie in die toekoms aan witmense verkoop sal word nie”, ten sterkste ontken.
Drie sterf tydens ‘waaghalsige ontsnappingspoging’
Drie gevangenes is dood en 14 beseer na ʼn mislukte ontsnappingspoging waartydens ʼn polisievangwa opgeblaas is.