Uit Steve Hofmeyr se pen, “Kapabel”.
Alles vir die maand Oktober 2012
Kapinghel: Ma vertel van nagmerrie-uur
Wendy Lombart, ʼn ma van Silverton in Pretoria, wat onlangs in haar oprit gekaap is met haar 5-jarige dogtertjie steeds vasgegespe op die agterste sitplek van die voertuig, het van dié vreeslike dag vertel.
WP gaan SA-rugby nou domineer
Polla Roux neem die afgelope naweek se rugby in oënskou.
Gesteelde honde by lughawe gered
Dertien gesteelde honde wat onwettig na Angola vervoer sou word, is Maandag by die Kaapstad Internasionale Lughawe gered.
Tien kinders in botsing beseer
Tien kinders tussen die ouderdom van drie en vyf jaar oud is Maandagmiddag ernstig beseer nadat die skoolbussie waarin hul vervoer is teen ʼn muur gebots het.
Paul Harris-brief: SA se twee kante van die munt
By baie Suid-Afrikaners maal emosies na ‘n geredigeerde brief van Paul Harris, stigter van FirstRand, aan ‘n vriend in BusinessDay gepubliseer is. Harris maak in breë trekke die doemprofete af wat Suid-Afrika nog net vyf jaar gee.
Orkaan Sandy tref Amerika
Bome en kragdrade is omgewaai toe Orkaan Sandy Amerika Maandagaand getref het.
PUK-student sterk glo aan
René Cremer, die student wat Saterdag deur ‘n dakvenster by die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom geval het, sterk aan in die hospitaal.
4 bejaarde vroue in Bethlehem-ongeluk beseer
Vier bejaarde vroue is Maandagmiddag ernstig beseer tydens ‘n ongeluk op die R712 naby Bethlehem.
Vanderbijlpark-man glo met “arsenaal” betrap
Jacobus Alwyn Van Zweel wat glo met verskeie vuurwapens en meer as 70 000 rondtes ammunisie betrap is, het Maandag in die landdroshof in Vanderbijlpark verskyn.
Vermeende plaasaanvallers steeds soek
Die polisie in die Vrystaat is op soek na drie mans wat ‘n boer, sy vrou en hul ses maandeoue baba Saterdag glo met ‘n vuurwapen gedreig en beroof het.
Pedofiel-verdagte het Christelike boeke vir sy slagoffers gekoop
Johannes Kleinhans (74) van Kaapstad wat daarvan beskuldig word dat hy pornografiese foto’s van twee jong meisies geneem het, is Maandag in die streekshof in Parow verhoor.
Van Eck-moord: Verdagte se hofsaak begin
Maartens van der Merwe, die man wat daarvan verdink word dat hy Michael van Eck (23) in 2011 in ‘n begraafplaas in Welkom vermoor het, se verhoor het vandag in die rondgaande hof op Virginia begin.
BMW herroep 45 500 voertuie
BMW gaan 45 500 van sy 7-reeks-voertuie herroep om ‘n regstelling van ‘n fout te doen wat parkeerde motors glo laat wegrol.
Uitsmyters baklei by Avastar-nagklub
Theuns Grobler, ‘n bekende swaargewig in sekuriteitskringe, is Saterdagaand by die gewilde Avastar-nagklub in Rivonia, noord van Johannesburg, glo deur sy mede-uitsmyters aangerand.
Braaibroodjies “opgetert”
‘n Tradisionele Suid-Afrikaanse braaibykos vanuit ‘n heel ander hoek benader met vars basiliekruid en feta. Smaaklik!
Japtrap-braai
Die braai is sonder twyfel dié gunsteling-tydverdryf vir die meeste Suid-Afrikaners. Hilary Biller maak in dié boek die voorbereiding van kos tydens ‘n braai so eenvoudig moontlik.
Kaper moor en slag vrou
Die liggaam van ʼn 28-jarige vrou van Noordwes is Sondag opgespoor nadat sy Saterdag glo gekaap is. Sy het twee skietwonde gehad en haar regteroog en privaatdele was uitgesny.
Steve benoem sý Grootste Afrikaner
Die land het gestem en Steve Hofmeyr is Donderdagaand by ‘n spoggeleentheid in Centurion in die Eietydse-kategorie as die Grootste Afrikaner aangewys.
Uittreksel 2: Onvertelde stories van Afrikaans
‘n Uittreksel uit Ilze Salzwedel se boek, “Onvertelde stories van Afrikaans”