Orkaan Sandy het die digbevolkte ooskus van Amerika met mening getref en die storm bedreig nagenoeg 50 miljoen mense.
Alles vir die maand Oktober 2012
Bejaarde vrou slaan glo man met sambok dood
ʼn Sestigjarige vrou moet Maandag in die hof verskyn nadat sy glo Vrydag ʼn man met ʼn sambok doodgeslaan het.
Video: Politieke onstabiliteit kan aandelebeurs beïnvloed
Ondanks die talle slae wat die Suid-Afrikaanse ekonomie onlangs gekry het, vaar die aandelebeurs steeds goed.
Man uit brandende kar gered
Chadley Theron, ‘n bestuurder van ‘n insleepvoertuig het oor die naweek ʼn man uit ʼn brandende voertuig gered.
Student val 12m en leef
René Cremer, ‘n 19-jarige student, is in ‘n stabiele toestand in die hospitaal nadat sy 12m ver van ʼn gebou se dak af geval het.
Uittreksel: Onvertelde stories van Afrikaans
‘n Uittreksel uit Ilze Salzwedel se boek, “Onvertelde stories van Afrikaans”
Onvertelde Stories van Afrikaans
Met hierdie boek wil Ilse Salzwedel stukkies van die onvertelde geskiedenis van Afrikaans help bewaar. En wys dat Afrikaans ’n taal is waarin mense van alle kleure kan lag en huil, sing en dans, oorlog maak, vrede maak, oorleef en, veral, lééf.
Foto’s: Kar ry by heuwel af, tref keerwal
Twee mense het Sondag ʼn noue ontkoming gehad nadat hul voertuig by ʼn steil heuwel af gery en teen ʼn keerwal tot stilstand gekom het.
Die invloed van krisisse op die Amerikaanse verkiesing
Jaco Kleynhans berig oor die verkiesing tans in Amerika.
E-tol nie werklik laer nie – jou opsies
Hoewel verlede week se opskrifte dit uitbasuin het dat die beoogde e-toltariewe nou laer is as wat voorheen beplan is, is dit nie werklik die geval nie.
Een sterf, ses beseer in Pretoria-botsing
ʼn Vrou is dood en ses mense beseer nadat die taxi, waarin hulle vervoer is, Maandagoggend in Pretoria gerol het.
Heyneke kondig nuwe Springbokspan aan
Heyneke Meyer het Sondag die 31-man Sprinbokspan aangekondig vir November se toetse in Ierland, Skotland en Engeland.
Orkaan Sandy: Meer as 7 100 vlugte reeds gekanselleer
Meer as 7 100 vlugte is teen Sondagaand weens orkaan Sandy gekanselleer.
359 verdagtes in Soweto aangekeer
Die polisie het die afgelope naweek 359 mense vir verskeie misdade in Soweto in hegtenis geneem.
Man jaag want sy ma is glo dood
‘n 28-jarige motorfietsryer is Sondag op die N14-snelweg naby Muldersdrift in hegtenis geneem nadat hy glo die spoedgrens verbreek het.
Een dood toe kar in stilstaande motorfiets vasjaag
‘n Motorfietsryer is Sondagoggend dood en sy passasier ernstig beseer toe ‘n motor in Bloemfontein agter in hulle vasgejaag het.
Aucamp se moordenaars nog op vrye voet
Teen Sondagmiddag was niemand nog in verband met die moord op Minke Aucamp, die matriekleerling wat tydens ‘n kaping doodgeskiet is, in hegtenis geneem nie.
Weerwaarskuwings in Amerika uitgereik
Die ondergrondse trein in New York, bus- en treindienste is van Sondagaand af opgeskort ter voorbereiding van orkaan Sandy.
Video: Tuimeltoertjie op gespande koord
“Slacklining”, ‘n nuwe sportsoort waar gebruikers hul balans tot die uiterste beproef, maak wêreldwyd opslae.
Skoolgeld nóg duurder in 2013
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys is glo “geskok” en “kwaad” oor hoeveel dit sal kos om ‘n regeringskool volgende jaar by te woon.